OG se per­so­neel land­wyd ge­dreig

Die Burger - - 2 - L­le­wel­lyn­ P­rin­ce

Per­so­neel van die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) word in die uit­voer van hul plig­te land­wyd ge­dreig, ge­ïn­ti­mi­deer en selfs as gy­se­laar ge­hou, ter­wyl po­gings ook aan­ge­wend word om hul­le om te koop waar hul werk kor­rup­sie kan oop­vlek.

Die par­le­ment het gis­ter ook ge­hoor hoe ’n OG­per­so­neel­lid op

’n werks­be­soek aan die Em­fu­le­ni-mu­ni­si­pa­li­teit in Gau­teng vroe­ër van­jaar self by ’n gas­te­huis ge­skiet en be­roof is.

Die si­tu­a­sie is nou só erg dat Ki­mi Ma- kwe­tu, die OG, na­si­o­na­le in­gry­ping van die par­le­ment en po­li­sie ver­soek om ou­di­teurs op hul werks­be­soe­ke aan ver­al mu­ni­si­pa­li­tei­te te be­skerm.

Mak­we­tu meen dié voor­val­le kan ook Suid-A­fri­ka se in­ter­na­si­o­na­le aan­sien ska­de be­rok­ken.

Hy het dit gis­ter aan die staan­de ko­mi­tee oor die OG ge­sê toe hy saam met genl. K­hehla Si­to­le, na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, en die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke oor bo­ge­noem­de ver­slag ge­doen het.

Vol­gens Mak­we­tu het die nei­ging in 2016 vir die eer­ste keer kop uit­ge­steek toe OG-per­so­neel in die Vry­staat ge­dreig en ge­ïn­ti­mi­deer is en po­gings aan­ge­wend is om hul­le te pro­beer om­koop.

“In 2017 het ons per­so­neel ook voor­val­le in ver­skil­len­de pro­vin­sies aan­ge­meld. In Mei was daar ook voor­val­le in die eT­hek­wi­ni- en die Msun­du­zi-mu­ni­si­pa­li­teit in K­waZu­lu-Na­tal waar per­so­neel selfs doods­drei­ge­men­te ge­kry het.”

Dan was daar vol­gens hom ook ge­val­le in die Tshwa­ne-me­tro waar ou­di­teurs as gy­se­laars ge­hou is.

Mak­we­tu meen daar moet drin­gend in­ge­gryp word om­dat on­skul­di­ge OG-per­so­neel se le­we in ge­vaar ge­stel word. Vol­gens hom is die aan­val­le teen OG-per­so­neel “’n mis­daad teen die staat” om­dat hul­le hul grond­wet­li­ke ver­plig­tin­ge uit­voer.

T­hem­ba Go­di, voor­sit­ter van die staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge, het aan die ko­mi­tee ge­sê dit “is ’n ver­leent­heid en skan­de­lik” dat OG-per­so­neel só be­han­del word.

Ki­mi­ Mak­we­tu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.