Ge­sin sterf in Aus­tra­lie­se Out­back

Die Burger - - 3 -

’n Jong eg­paar en hul drie­ja­ri­ge kind, as­ook nog ’n 12-ja­ri­ge kind is van­dees­week in die Out­back in Aus­tra­lië dood na­dat hul mo­tor on­klaar ge­raak het.

’n In­wo­ner van die Wil­lowra-dis­trik in die ver­af­ge­leë noor­de­li­ke deel van die land het Woens­dag op die ly­ke van die ge­sin af­ge­kom.

Die man en vrou (al­bei 19 jaar oud) en hul drie­ja­ri­ge seun se ly­ke is 4,5 km van hul mo­tor af ge­kry. Die naas­te groot dorp is A­li­ce S­prings, so­wat 350 km daar­van­daan. Hul­le is vol­gens aan­dui­dings dood weens hon­ger en bloot­stel­ling. Die tem­pe­ra­tuur in die ge­bied het dié week 40 °C be­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.