Vrou vas wat be­weer sy is ver­krag

Die Burger - - 4 - – Jackie Kru­ger

’n Vrou van Ge­or­ge in die Suid-Kaap wat be­weer het sy is ver­krag deur vier mans wat hul­le as po­li­sie­be­amp­tes voor­ge­doen het, is in heg­te­nis ge­neem en het in die hof ver­skyn.

Re­tha Horn (51) word aan­ge­kla van regs­ver­y­de­ling, mein­eed en be­drog, sê kapt. Mal­colm Po­jie, ’n po­li­sie­woord­voer­der.

Horn het be­weer sy is op 22 Sep­tem­ber na­by Hoog­e­kraal by G­len­ta­na ver­krag.

Sy het ge­sê sy is om­streeks 19:00 op die R102 deur die mans van die pad af­ge­trek. Hul­le het haar aan­ge­hou en ver­krag. Hul­le het na be­we­ring klap­mus­se ge­dra en was in po­li­si­e­u­ni­form. Sy was glo van G­len­ta­na na Ge­or­ge on­der­weg.

Vol­gens Po­jie is in ’n po­li­sie­on­der­soek goeie be­wy­se ge­vind dat die voor­val nooit plaas­ge­vind het nie. Hy wou nie ver­der uit­wei oor die ge­tui­e­nis nie, maar het wel ge­sê dit sluit beeld­ma­te­ri­aal in.

Horn is ver­le­de Vry­dag in Ge­or­ge in heg­te­nis ge­neem en is ver­le­de Son­dag in ’n spe­si­a­le hof­sit­ting op borg­tog van R2 000 vry­ge­laat.

Sy het Maan­dag weer in die hof ver­skyn en die saak is tot 18 Ja­nu­a­rie uit­ge­stel, sê Po­jie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.