Wag­te sal by Pe­te Mi­ha­lik se be­graf­nis wees

Die Burger - - 4 - May­ge­ne de Wee

Ge­wa­pen­de vei­lig­heids­wag­te sal van­dag ’n o­gie hou oor rou­kla­ers by die be­graf­nis van adv. Pe­te Mi­ha­lik (50).

Mi­ha­lik is ver­le­de Dins­dag in ’n sluip­moord­aan­val in T­horn­hill­straat in Groen­punt, Kaap­stad, dood­ge­skiet, ’n ha­ne­tree van sy twee kin­ders se skool, Red­dam Hou­se At­lan­tic Sea­bo­ard.

Sy agt­ja­ri­ge seun is in die voor­val ge­wond.

Bron­ne het gis­ter ge­sê dat Mi­ha­lik se pa, adv. Ja­nos Mi­ha­lik, sy twee kin­ders en an­der fa­mi­lie­le­de die be­graf­nis by die St. Ma­ry’s-ka­te­draal in Kaap­stad sal by­woon. Mi­ha­lik was ’n Ka­to­liek. Die be­graf­nis­diens be­gin om 14:00, waar­na ’n pri­va­te ver­as­sing la­ter sal plaas­vind.

Bron­ne het ge­sê hul­le ver­wag ’n groot toe­loop van rou­kla­ers; men­se wat Mi­ha­lik in Kaap­stad se ho­we ver­teen­woor­dig het, land­dros­te, reg­ters, staats­aan­kla­ers en an­der regs­lui wat hul laas­te eer wil be­toon.

■ Drie mans het reeds in ver­band met Mi­ha­lik se dood in die land­dros­hof in Kaap­stad op aan­klag­te van moord, po­ging tot moord en die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie ver­skyn. Die vuur­wa­pen waar­mee Mi­ha­lik ge­skiet is, is nog soek.

Twee van Mi­ha­lik se ver­meen­de skie­ters, Si­z­we Biy­e­la (31) en Na­thi K­hu­ma­lo (26), is in die ure ná sy dood deur speur­ders van die ben­de-een­heid in Kaap­stad in heg­te­nis ge­neem.

Die der­de per­soon, Vuyi­le Ma­li­ti (35), het hom­self Woens­dag in die teen­woor­dig­heid van sy pro­ku­reur aan die po­li­sie oor­ge­gee.

Die saak teen die drie is Don­der­dag in die hof tot 15 No­vem­ber uit­ge­stel. Dit was Ma­li­ti se eer­ste ver­sky­ning saam met die an­der twee be­skul­dig­des.

Ma­li­ti, ’n tax­i­baas oor­spronk­lik van K­haye­lit­sha, is glo die man wat die diens­te van Biy­e­la en K­hu­ma­lo be­kom het. Die twee ver­meen­de huur­moor­de­naars is al­bei van K­waZu­lu-Na­tal.

Die on­der­soek duur voort.

Fo­to: A­DRI­AN DE KOCK

Adv. Pe­te Mi­ha­lik word van­dag be­gra­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.