Per­le­moen, wa­pen in huis ge­kry

Die Burger - - 4 - – May­ge­ne de Wee

Per­le­moen met ’n groot straat­waar­de, ’n vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie is van die goe­de­re waar­op le­de van die ben­de-een­heid Don­der­dag by ’n huis in Wel­ge­le­gen, in Kaap­stad se noor­de­li­ke voor­ste­de, be­slag ge­lê het.

Le­de van die ben­de-een­heid se tak­tie­se re­ak­sie-een­heid het ’n wenk ont­vang dat daar moont­lik ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen en per­le­moen by ’n huis in Genl. Ma­nie Ma­rit­zstraat is.

Lt.kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê toe die po­li­sie by die huis stil­hou, het hul­le ’n man in ’n sil­wer­kleu­ri­ge Volks­wa­gen Po­lo van die huis sien weg­jaag.

Traut sê die huis is deur­ge­soek en die po­li­sie het af­ge­kom op ’n 6.35 Ba­by Bro­w­ning-pis­tool, een koe­ël vir die vuur­wa­pen en per­le­moen ter waar­de van net meer as R800 000.

Hy sê die on­der­soek gaan voort en die po­li­sie is nou op soek na die man wat ge­vlug het.

Fo­to: SAPD

Die po­li­sie het Don­der­dag op per­le­moen met ’n ge­skat­te waar­de van meer as R800 000 in ’n huis in Wel­ge­le­gen, Kaap­stad, be­slag ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.