He­li­kop­ter-vlie­ë­nier se as in Kaap ge­strooi

Die Burger - - 4 - Jackie Kru­ger

’n Deel van die as van die he­li­kop­ter­vlie­ë­nier Ni­co Heyns, wat ver­le­de maand dood is toe sy he­li­kop­ter in ’n brand­be­stry­dings­o­pe­ra­sie neer­ge­stort het, is Woens­dag op Blou­berg­strand in Kaap­stad ge­strooi.

Heyns (70) is op 23 Ok­to­ber dood toe sy he­li­kop­ter by Ver­maak­lik­heid, na­by Ri­vers­dal in die Suid-Kaap, neer­ge­stort het.

Die as is ge­strooi op die­self­de plek waar sy ma, He­len (Heyns) van der Mer­we, se as ge­strooi is. Die res van sy as sal deur sy kin­ders op sy plaas bui­te Knys­na (Gou­na) ge­strooi word.

Die as is ge­strooi op die 51jaar-re­ü­nie van ’n groep skool­maats wat saam met Heyns in 1967 aan die Ho­ër­skool D.F. Ma­lan in Bell­vil­le, Kaap­stad, ge­ma­tri­ku­leer Di. 10 25 10 32 het. Frans Las­sal­le du Toit, ’n voor­ma­li­ge on­der­wy­ser van die ma­triek­groep, en Je­an du P­les­sis, ’n voor­ma­li­ge hoof­fo­to­graaf van Die Bur­ger, was ook teen­woor­dig.

Heyns se sus­ter, Su­zan­ne Ni­co­lai­sen, ’n kuns­te­naar wat dees­dae in Ka­li­for­nië woon, en sy broer, Ri­aan Heyns, het ook die re­ü­nie by­ge­woon. Hul­le het eers in ’n re­stau­rant ge­kui­er en is toe na die strand waar die as ge­strooi is.

S­ter­cia Jo­lif­fe, wat die re­ü­nie ge­reel het, sê dit was ’n won­der­li­ke ge­leent­heid. “Ni­co het ’n won­der­li­ke per­soon­lik­heid ge­had. Hy het ’n goeie sin vir hu­mor ge­had, maar ook ’n diep kant.”

Heyns word oor­leef deur twee dog­ters, Hut­ton Ro­berts en Zan­ne Mas­syn, en ’n seun, A­dri­aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.