Fo­to’s uit­ge­reik van ro­wers by kerk

Die Burger - - 4 - – Car­ryn-Ann Nel Fo­to’s: SAPD

Die po­li­sie het fo­to’s uit­ge­reik van twee mans wat in Ok­to­ber na be­we­ring by die ge­wa­pen­de roof­tog by die Hillsong-kerk in Cen­tu­ry Ci­ty be­trok­ke was.

Die twee mans het op 29 Ok­to­ber om­streeks 11:00 die kerk bin­ne­ge­gaan na­dat hul­le voor­ge­gee het om iets af te le­wer. Die mans het die per­so­neel met vuur­wa­pens ge­dreig voor­dat hul­le met geld en sel­fo­ne ge­vlug het.

Die kerk het vroe­ër in ’n ver­kla­ring ge­sê dat hul­le uit­ste­ken­de vei­lig­heids­maat­re­ëls het, maar dat hul­le nou na by­ko­men­de maat­re­ëls gaan kyk om die vei­lig­heid van lid­ma­te en die per­so­neel te ver­be­ter.

Die fo­to’s wat deur die po­li­sie uit­ge­reik is, is af­koms­tig van kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras op die per­seel.

E­nig­ie­mand met in­lig­ting kan speur. konst. Ma­san­de Ma­ji­ki­je­la by 079 894 1638 of S­top Mis­daad by 08600 10 111 bel.

Die mans wat ge­soek word in ver­band met die ge­wa­pen­de roof­tog by die Hillsong-kerk in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.