La­ra is weer af­rig­ter in der­de ‘The Voi­ce’-reeks

Die Burger - - 6 - Be­soek mnet.tv/the­v­oi­ce om te be­spreek.

Die A­fro-chic-san­ge­res Li­ra keer te­rug as af­rig­ter in die der­de reeks van The Voi­ce SA van M-Net.

Sy sal saam met on­der an­de­re Riky Rick en Ri­a­na Nel die rooi stoe­le deel en nu­we sang­ta­lent help ont­wik­kel in dié mu­siek­werk­lik­heids­reeks. Die vier­de af­rig­ter word bin­ne­kort be­kend ge­maak.

Li­ra was ook ’n af­rig­ter in die eer­ste twee reek­se. “Dit was ’n on­ge­loof­li­ke er­va­ring,” sê sy in ’n ver­kla­ring.

“Dit is ’n won­der­li­ke sa­me­wer­kings­plat­form wat werk­lik le­wens ver­an­der. El­ke keer wan­neer ek die ver­hoog deel met ie­mand wat ons op The Voi­ce ont­dek het, word ek oor­wel­dig. Dit is goed om te weet dat die reeks ru­we di­a­man­te op­laas laat skit­ter.”

The Voi­ce is ’n mu­siek­ta­lent­kom­pe­ti­sie waar­in vier af­rig­ters (be­ken­de san­gers) met die eer­ste ou­di­sies, die so­ge­naam­de “blin­de ou­di­sies”, met hul rug na die deel­ne­mer sit. Op grond van ’n deel­ne­mer se stem be­sluit hul­le dan of hul­le die deel­ne­mer on­der hul vlerk wil neem.

Die der­de sei­soen se “blin­de ou­di­sies” word van­dees­maand ge­hou. Toe­gang is gra­tis, maar be­spre­king is nood­saak­lik. Die eer­ste “blin­de ou­di­sies” word op 21 en 22 No­vem­ber aan­ge­bied en daar­na op

26 en 27 No­vem­ber.

Die nu­we reeks word by Ur­ban B­rew S­tu­di­os in Rand­burg ver­film. Die reeks be­gin in Fe­bru­a­rie op M-Net (DStv-ka­naal 101).

Li­ra

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.