Brand op Ot­ter-pad on­der be­heer

Die Burger - - 7 - – Jackie Kru­ger

’n Brand op ’n deel van die Ot­ter-wan­del­pad in die T­sitsi­kam­ma-ge­bied van die Tuin­roe­te Na­si­o­na­le Park was gis­ter gro­ten­deels on­der be­heer, maar het nog op plek­ke ge­smeul.

Die brand het Don­der­dag ont­staan op ’n deel van die roe­te – dag 2 – van die Ot­ter-wan­del­pad, die­self­de ge­bied waar ’n brand ver­le­de maand ook uit­ge­breek het.

“Die brand is gro­ten­deels on­der be­heer, maar smeul nog,” sê Nan­di Mg­wad­lam­ba, woord­voer­der van San­par­ke.

Vroe­ër is be­kend ge­maak dat daar geen stap­pers op dag 2 van die roe­te is nie, want hul­le stap net dag 1, 3, 4 en 5 weens die brand.

Vol­gens ’n vor­de­rings­ver­slag van die Gar­den Rou­te-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit gaan op­rui­mings­werk voort by an­der brand­ge­bie­de in Ge­or­ge en die om­lig­gen­de ge­bied. By Wa­boom­s­kraal, Geel­hout­boom en Jon­kers­berg word die noord­wes­te­li­ke brand­strook ge­pa­trol­leer vir bran­den­de kol­le. By Goud­veld en Se­we Pas­se word die brand­strook tot by Ka­ra­ta­ra dop­ge­hou.

Van­dees­week ty­dens ’n be­soek van He­len Zil­le, Wes-Kaap­se pre­mier, het dit aan die lig ge­kom dat meer as

90 000 ha reeds weens die bran­de in die slag ge­bly het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.