Dié klein kan­ne­tjie slaan groot trom­me in die kerk

Die Burger - - 9 - PATERNOSTER. – PAARL. – – T­rish Goo­sen – Paarl Post MBEKWENI. – – Lie­zl Da­vids (Paarl Post)

Man blus vuur met Co­ke

Ri­a­na D­rey­er ver­tel sy en haar man het Paternoster toe ge­ry en ge­sien die plan­te­groei op ’n boer se plaas was aan die brand.

’n An­der voer­tuig het langs hul­le stil­ge­hou en ’n man het met ’n klomp bot­tels uit­ge­spring en koel­drank op die vuur ge­gooi. Hy het glo die brand met Co­ke en Li­qui Fruit ge­blus.

“Hy ver­dien voor­waar ’n me­dal­je vir hier­die hel­de­daad,” re­ken D­rey­er. (Wes­lan­der)

Rol­stoel se wiel val uit

Chris­to van der Mer­we het ’n be­jaar­de te hulp ge­snel toe een van haar rol­stoel se wie­le op ’n ge­meen­skaps­uit­reik in die straat uit­ge­val het.

Chris­to was op die reg­te tyd op die reg­te plek en het nie net die stuk­ken­de wiel her­stel nie, maar ook aan­dag ge­gee aan ’n paar an­der ge­bre­ke van die rol­stoel – en dit al­les met die vrou steeds in die stoel! Har­tjie, dis ’n aar­tap­pel!

Toe Olot­han­do Gx­a­ku (5) op twee­ja­ri­ge ou­der­dom met le­pels op sy ou­ma se pot­te be­gin trom­me slaan, het hul­le nie veel daar­van ge­dink nie.

Maar toe die klein­man ’n rit­me kon hou, het die fa­mi­lie ken­nis be­gin neem.

Olot­han­do is in gr. R in die Lin­ge­lishle-kleu­ter­skool in Mbekweni en speel reeds trom­me by sang­aan­de en be­graf­nis­se.

“Toe ons sien hy kan op die pot­te speel, het ons vir hom drie klein trom­me by die C­hi­ne­se win­kel ge­koop. Toe hy gro­ter word, het ons vir hom trom­me by ’n win­kel vir twee­de­hand­se goed ge­koop, maar daar­die trom­me is nou te klein vir hom om op te speel,” ver­tel sy ou­ma, Ci­lia Gx­a­ku.

Sy sê hy het een Son­dag in die kerk op­ge­staan en die pas­toor ge­vra of hy op die kerk se trom­me kan speel.

“Van toe af het hy in die be­die­ning (kerk) en ook by be­graf­nis­se trom­me ge­speel. Dan speel sy ou­pa die kla­wer­bord in die kerk en hy die trom­me.

“Hy is so met die ta­lent ge­bo­re,” ver­tel ou­ma Ci­lia.

Die klein­man, wat ook lief is vir sing, ver­tel hy is glad nie bang of op sy se­nu­wees om voor ’n groot ge­hoor te speel nie.

Ou­ma Ci­lia sê hul­le is baie trots op klein Olot­han-do.

Sy sal ook graag wil hê dat hy een­dag ver­der moet stu­deer om sy ta­lent te be­vor­der.

Op 27 No­vem­ber word Olot­han­do ses jaar oud en sy wens is om ’n stel groot trom­me te kry.

Fo­to: DEVIDEAN MOSES, PAARL POST

Olot­han­do Gx­a­ku (5)

Fo­to: GIDEON DE JAGER, SWART­LAND GAZETTE

Gideon de Jager van Mal­mes­bu­ry en sy vrou het op dié “lief­de­vol­le vonds” in ’n sak­kie aar­tap­pels af­ge­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.