I­den­ti­teit is nie net ’n naam­woord nie, ook ’n werk­woord

Die Burger - - 10 - – RRV

Daar is die ou grap­pie van die Jood­se man wat op ’n ver­la­te ei­land ge­strand ge­raak en met ver­loop van tyd vir hom drie ge­boue op­ge­rig het. Ná de­ka­des word hy uit­ein­de­lik op­ge­spoor, en die­ge­ne wat tot sy red­ding kom, vra hom nuus­kie­rig uit oor sy drie ge­boue.

Waar­op hy ant­woord: “Die eer­ste ge­bou is die huis waar­in ek woon. Die twee­de ge­bou is die si­na­go­ge waar­na ek gaan. En die der­de ge­bou is die si­na­go­ge waar­na ek nie gaan nie.”

In sy nu­we boek, The Lies T­hat Bind: Re­thin­king I­den­ti­ty, ver­wys die fi­lo­soof K­wa­me An­tho­ny Ap­pi­ah – tans ver­bon­de aan New York-U­ni­ver­si­teit – na dié sto­rie om die punt te maak dat ons as men­se ge­neig is om ons i­den­ti­teit, ook ons gods­diens­ti­ge i­den­ti­teit, in teen­stel­ling tot an­der s’n te de­fi­ni­eer. Ons is nie wie húl­le is nie.

Ap­pi­ah pleit nie vir die ont­ken­ning van i­den­ti­teit nie. As men­se het ons ’n spe­si­fie­ke ag­ter­grond, taal, en sto­rie wat ons maak wie ons is. Maar hy wys wel daar­op dat daar ska­de­li­ke be­skou­ings aan­gaan­de i­den­ti­teit is wat uit­ge­daag moet word.

Daar is ’n ma­nier van dink en praat oor ons i­den­ti­teit – soos wat dit by­voor­beeld ge­reeld in die ge­sprek oor gods­diens, ras, na­sie, klas en kul­tuur na vo­re kom – wat in diens van po­la­ri­sa­sie, uit­slui­ting en ge­weld staan.

Tal­le kul­tuur­ont­le­ders wys hoe daar in ons dag ’n ver­har­ding in die den­ke oor i­den­ti­teit te be­speur is. Daar is ’n groei­en­de vy­an­dig­heid tus­sen óns (wat as vol­le­dig goed be­skou word) en die án­der (wat as vol­le­di­ge boos ge­ti­peer word).

In die pro­ses ge­bruik ons mak­lik kwet­sen­de e­ti­ket­te vir me­kaar. En on­ge­luk­kig speel gods­diens dik­wels ’n rol om hier­die lo­gi­ka te voed.

Soos die skry­wer Jo­na­than S­wift dit stel: “Ons het net ge­noeg gods­diens om me­kaar te haat, maar te min om vir me­kaar lief te wees.”

In só ’n kli­maat is dit dalk goed om te ont­hou – soos wat Ap­pi­ah ook uit­wys – dat ons i­den­ti­teit nie iets sui­wer en sta­ties is nie. Ons i­den­ti­teit is nie ’n on­ver­an­der­li­ke ge­ge­we nie, maar ’n ak­ti­wi­teit; nie net ’n naam­woord nie, maar ook ’n werk­woord.

Ons is daar­om nie bloot pas­sie­we ont­van­gers van die ver­le­de en tra­di­sies wat ons i­den­ti­teit stem­pel nie, maar skep­pen­de deel­ne­mers wat met o­pen­heid na die toe­koms kan le­we.

Op ’n keer is aan die Jood­se den­ker Franz Ro­sen­z­weig ge­vra of hy gods­diens­tig is. Sy ant­woord was kort maar veel­seg­gend: “Nog nie.”

Dit her­in­ner dat die ge­sprek oor i­den­ti­teit nie net gaan oor wie ons is nie, maar oor wie ons kan wórd.

Gaan kyk el­ke dag na “’n Goue Oue uit F­red se pen” by

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.