Maak die SAUK só le­wens­vat­baar

Die Burger - - 10 - Cal­lie van der Mer­we, Ky­a­la­mi

Daar word nou groot ge­wag ge­maak oor die fi­nan­si­ë­le ge­mors van die SAUK. Al­mal het ’n plan, maar nie­mand wil af­dan­kings toe­laat of sa­la­ris­ver­min­de­rings voor­stel nie, want dan kom dit te na­by aan die spre­ker se bas. Nee, hul­le is soos trog­vre­ters wat maar net weer wag dat die trog met kos ge­vul word.

Ek kan nie ver­staan waar­om on­der­soe­ke in­ge­stel en ko­mi­tees aan­ge­stel moet word om te be­paal waar­om die SAUK in die ge­mors is waar­in hy is nie. Deur net na ra­di­o­pro­gram­me te luis­ter, kan die oor­saak van die pro­bleem vin­nig raak­ge­vat word.

In die ver­le­de het die aan­bie­der van ’n pro­gram al­les ge­doen, maar nou word nog een aan­ge­stel wat die ver­keers­ver­slag lees. Nog een wat die weer­be­rig lees en ’n an­der wat die nuus lees.

Ek glo dis en­de­mies deur die he­le or­ga­ni­sa­sie en dan is my ge­volg­trek­king dat die per­so­neel met min­stens 75% ge­sny moet word, wat ’n groot ver­skil aan die le­wens­vat­baar­heid van die kor­po­ra­sie kan maak.

Ek glo ook dat dié be­na­de­ring in al die o­pen­ba­re on­der­ne­mings ge­volg moet word. Kry net ie­mand met die rug­graat wat be­reid is om die aan­kon­di­ging te doen en die pro­ses deur te voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.