Kan ek asb. my pos van­jaar nog kry

Die Burger - - 10 - Tom­mie, Her­ma­nus

Lie­we Pos­va­der,

Vans­le­we, toe die pos­kan­toor nog ge­werk het, was die pos­plaas­baas die pos­mees­ter-ge­ne­raal. Van­dag weet ek nie wat om daai baas te noem nie, want ’n mees­ter is hy nie. Nou dink ek hy’s ’n soort Kers­va­der, want as jy soet en baie ge­luk­kig is, kry jy dalk goed wat vir jou ge­stuur word. Ek wens oom Pos­va­der wil eer­der ’n reg­te ge­ne­raal word wie se men­se vir hom luis­ter.

Pos­va­der-hul­le ge­bruik se­ker nog man­ne wat van die Mid­del­land­se See af hol tot hier by ons in die Kaap, want dit vat vrek lank vir on­se goed­jies om van net an­der­kant daai See af hier te kom. Ek dink die hol­lers raak moeg en laat as­pris van ons pos­goed­jies of som­mer die he­le mik­stok langs pad val. My klein goed­jies wat van ta’ Lies­bet II en ant An­ge­la se lan­de af ge­stuur is, moes al ’n maand ge­le­de hier ge­wees het, sê die stuur­ders. En weet oom, dis nie eens per­sen­tjies nie; ek het nog­al duur be­taal daar­voor met dié lat on­se rand­jie so treu­rig is.

Pos­va­der het mos ’n ruk ge­le­de ge­sê oom se men­se moet hul­le ge­bou­tjies waar pos al­toos ge­han­teer is, mooi skoon­maak. Is dit nou vir die ar­me men­se wat hul­le maand­geld­jies daar moet loop haal? Se­ker, want daar kom mos nie meer pos deur nie. Sal oom Pos­va­der-hul­le nie maar eer­der on­se goed­jies by ons be­sô­re as om skoon te maak en kie­rie­geld­jies uit te be­taal nie?

En, lie­we Pos­va­der, ek sal ’n stroop­soet seun­tjie wees, maar kan ek groot as­se­blief my goed­jies nog dié jaar kry?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.