On­ge­luk­kig was ek nooit MK-lid

Die Burger - - 10 - E­tien­ne, Wor­ces­ter

Be­hal­we dat ek in die on­der­wys was, was ek ook ja­re lank ’n of­fi­sier in die weer­mag. Dus het ver­le­de na­week se be­rig “Dit re­ën ran­ge in die po­li­sie” my werk­lik ont­stel.

Toe ons kin­ders was, het ons co­w­boys en crooks ge­speel. ’n S­her­iff is uit ons ge­le­de­re ge­no­mi­neer. La­te­re ge­slag­te se jong seuns het grens­oor­log ge­speel en hul­le het ko­lo­nels, bri­ga­diers en ge­ne­raals aan­ge­wys. Dit was eg­ter al­les spe­le­tjies deur kin­ders.

Hier­die spe­le­tjies het eg­ter nou werk­lik­heid ge­word in die vol­was­se le­we van die ANC. Ran­ge word links en regs “uit­ge­deel”. A­bia Mo­la­ba het in Maart 2017 af­ge­tree en sit by die huis. Hy is nou tot ge­ne­raal-ma­joor be­vor­der.

Ek wens dat ek, wat baie hard moes werk en kur­sus­se moes vol­tooi om be­vor­der te word, nou kon diens doen. Ek is ook af­ge­tree en wag nou vir my be­vor­de­ring. Dit is ’n fees, want be­vor­de­ring blyk nou uit die “lug te val”. Lek­ker.

On­ge­luk­kig sal ek nie in hier­die lek­ker kan deel nie, want ek was nooit ’n lid van MK of A­pla nie. Wat ’n sir­kus!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.