Rug­by­wed­stry­de is veels te kort

Die Burger - - 10 - G.T. Ro­bert­son, Kamps­baai

Dit hin­der my al ja­re lank dat rug­by­wed­stry­de te kort is en nie al die geld en moei­te werd is om te gaan speel of kyk nie.

Die dae toe ek en Ak­ker van der Mer­we se ou­pa (ook Ak­ker) nog saam in die 1950’s vir Ou­te­ni­qua rug­by ge­speel het – en ook lank daar­na – was daar nie plaas­ver­van­gers nie en het spe­lers die vol­le wed­stry­de ge­speel.

Daar was ook nie ein­de­lo­se on­der­bre­kings vir skrum her­set­ting, an­der sin­ne­lo­se re­ëls en TV-her­ha­lings nie. Rus­tyd in half­tyd is nou ook lan­ger.

Spe­lers is tans skaars moeg as die wed­stryd oor is of hul­le ver­vang word. Wed­stry­de kan mak­lik tien of 20 mi­nu­te lan­ger wees. Dan sal al die spe­lers hul geld be­hoor­lik ver­dien en toe­skou­ers ook waar­de vir hul geld kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.