In die ska­du van die galg

Die Burger - - 11 - La Vi­ta is ’n ar­ti­kel­skry­wer by Net­werk24.

Hy is ’n ge­har­de Suid-A­fri­kaan­se sol­daat wat in ge­veg­te, ont­plof­fings en hin­der­lae reg oor die wê­reld was, maar tog wás hy bang en on­se­ker toe hy in Suid-Soe­dan ter dood ver­oor­deel en twee jaar in hag­li­ke om­stan­dig­he­de aan­ge­hou is, ver­tel Wil­li­am End­ley aan Mur­ray La Vi­ta.

’NNag­mer­rie wat twee jaar sou duur, het die aand van 18 Au­gus­tus 2016 in Ju­ba, die hoof­stad van Suid-Soe­dan, vir Wil­li­am End­ley (57) be­gin.

Hy was be­sig om ’n bier te drink in die kroeg van die Ho­tel Sha­lom toe re­ge­rings­amp­te­na­re hom in heg­te­nis kom neem en na die ge­vrees­de Blou Huis-tronk ge­neem het.

“Ek is nie ge­mar­tel nie, net ’n paar keer ge­klap, maar daar was wel drei­ge­men­te dat hul­le my gaan dood­maak en so aan.

“Maar ek ken hul­le; dít is hoe hul­le werk. As ’n ou sag is met hul­le dan is dit ver­by. Ek was nie sag met hul­le nie. Ek het ook nie toe­ge­laat dat hul­le my in­ti­mi­deer nie.

“Ek het in ’n sta­di­um er­ge ma­la­ria op­ge­doen. Ek was baie, baie erns­tig siek. Die so­ge­naam­de dok­ter het ge­sê dit is ‘com­pli­ca­ted ma­la­ria’. Ek het ’n paar keer dit am­per nie ge­maak nie waar ek ge­dink het dit is nou ver­by.”

Hy het on­der meer er­ge hal­lu­si­na­sies ge­had.

“Ek het ge­droom ek praat met my ou sol­daat­vriend Rob­bie Hartslief. Hy het hom­self ge­skiet. Ek het ook oor my pa en my ou­pa ge­droom. [Hul­le was ook mi­li­tê­re man­ne.]”

Waar­oor hy ook “ge­droom” het, is die eer­ste co­w­boy-pak­kie wat hy as kind ge­kry het; sy eer­ste “kon­tak”; en die lyk van ’n ba­ba wat hy as seun­tjie ge­sien het toe hy saam met sy pa in So­we­to was waar dié diens ge­doen het.

“Ek kon nie eet nie en ek het vir dae op die vloer ge­lê waar­van ek nie veel kan ont­hou nie. Die dok­ter, wat ek in een van ge­dig­te wat ek in daai tyd ge­skryf het Doc­tor Dis­gra­ce noem, het vir my ge­sê: ‘W­hi­te man, so­meti­mes pain is good.’ ”

Twee ka­me­ra­de drink ’n bier

End­ley, ’n ko­lo­nel in die Suid-A­fri­kaan­se le­ër voor­dat hy vei­lig­heids­werk in plek­ke soos Irak, Af­ga­ni­stan en uit­ein­de­lik Suid-Soe­dan gaan doen het, is ge­van­ge ge­neem ter­wyl hy vei­lig­heids­raad­ge­wer vir dr. Riek Ma­char, die land se op­po­si­sie­lei­er en ad­junk­pre­si­dent, was.

V­re­des­on­der­han­de­lin­ge het ge­lei tot sy en Ja­mes Gat­det, ’n woord­voer­der van Ma­char wat saam met hom aan­ge­hou is, se vry­la­ting ver­le­de week. End­ley het ver­le­de Sa­ter­dag na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­keer.

Hy is tans by sy sus­ter C­har­mai­ne Quinn in Ta­ble View bui­te Kaap­stad. Dit is hier waar ons met hom ’n on­der­houd voer. Hy sit op ’n rus­bank ’n bier en drink saam met ’n ka­me­raad wat ’n kom­pan­jie­be­vel­voer­der van 32 Ba­tal­jon was.

End­ley is ’n le­ni­ge man met wak­ker don­ker oë, kort grys ha­re en ’n snor. Die bruin­ge­bran­de bo­arms wat hy sy kort­mou­hemp uit­steek, is sterk. Op sy een arm is ’n let­sel waar­oor hy nie wil praat nie. Dit lyk of dit die stig­ma­ta van ’n me­sof skrap­nel­wond kan wees.

In die ske­mer ver­trek is daar teen die leng­te van een he­le muur glas­tenks. Ek dink aan­vank­lik dit is ’n a­kwa­ri­um tot­dat ek die lui kron­kel­be­we­ging van ’n lang ge­streep­te slang in die een tenk ge­waar.

In die Blou Huis-tronk

End­ley ver­tel Ma­char het land­uit ge­vlug na­dat pres. Sal­va Ki­ir hom daar­van be­skul­dig het dat hy ’n sluip­moord­kom­plot smee. Ma­char was vir ’n ruk in Suid-A­fri­ka in “be­sker­mings­aan­hou­ding”.

Hy en Gat­det is vir 18 maan­de in die be­rug­te Blou Huis-tronk aan­ge­hou. Hy wat End­ley is, was in een­sa­me aan­hou­ding.

“Ek het be­sef ek het twee keu­ses: een om my­self gees­te­lik voor te be­rei en die men­se te weer­staan, of om to­taal oor te gee en my sin­ne te ver­loor. Ek het be­sluit dít gáán nie ge­beur nie. Ek het my­self daar­op in­ge­stel om dag vir dag te le­we. Die son kom; die son gaan. Jy sit net al­leen daar. Ek is aan­vank­lik net toe­ge­laat om ’n By­bel te lees . . .

“Ek het vir ’n week die By­bel ge­lees as ’n boek, maar dit is nie my groot be­lang­stel­ling nie, om eer­lik te wees. So ek het daar ge­sit en mind puz­z­les doen en ge­dig­te in my kop ge­skryf wat ek la­ter op pa­pier

‘‘

Ek het my­self daar­op in­ge­stel om dag vir dag te le­we. Die son kom; die son gaan. Jy sit net al­leen daar.

ge­sit het. Maar ek het my­self ge­dwing om ’n roe­ti­ne te ont­wik­kel.”

Op 27 Fe­bru­a­rie is hul­le ná ’n klug van ’n po­li­tie­ke ver­hoor weens hoog­ver­raad en sa­me­swe­ring ter dood ver­oor­deel en na Ju­ba se sen­tra­le ge­van­ge­nis oor­ge­plaas.

“In die tyd wat ek daar was, is drie men­se te­reg­ge­stel – een ge­skiet, twee ge­hang. Ek het ’n ge­dig ge­skryf daar­oor. Ek noem dit ‘Gal­lows Day’.

“My von­nis was ‘de­ath by han­ging’ . . . Ek het ge­weet die hof is ’n po­li­tie­ke in­stru­ment. Ek het die von­nis ver­wag, maar ek het my­self af­ge­vra: Gaan dit uit­ge­voer word of gaan dit nie uit­ge­voer word nie? In ’n sta­di­um, toe die po­li­tiek be­gin draai, het ek be­gin dink dit gaan nie ge­beur nie. Maar wat my ge­pla het, is dat ek nie ge­weet het hoe lank die pro­ses gaan duur nie; daar is men­se wat al elf jaar daar sit na­dat hul­le ap­pèl aan­ge­te­ken het teen hul doods­von­nis­se . . .”

’n Moe­der sug

Ma­char is nou te­rug in K­har­toem. Daar is vir eers weer vre­de in SuidSoe­dan en hy gaan dien as vi­se­pre­si­dent. Hy het vir End­ley ge­vra om te­rug te keer na die land en weer vir hom te kom werk, on­der meer om te help met die in­te­gre­ring van die ver­skil­len­de vei­lig­heids­mag­te in die streek. End­ley gaan dit doen.

“My werk daar is nog nie klaar nie. In­teen­deel, dit be­gin nou eers.”

Sy ma, Myrt­le End­ley (77), kom die ver­trek bin­ne met kof­fie. Ek vra haar hoe sy daar­oor voel dat haar seun bin­ne­kort te­rug­keer na die land waar hy aan­ge­hou en ter dood ver­oor­deel is.

Sy kyk na End­ley en sê: “Ek hou nie baie van die i­dee nie . . . Maar dit is sy keu­se; ek dink op sy ou­der­dom weet hy wat hy wil doen en ek kan hom nie te­rug­hou nie. Ek kan maar net dink wat ek dink.

“Ek het hom vir am­per drie jaar nie ge­sien nie. En ek het ge­dink ek gaan hom nooit weer sien nie.”

End­ley het met slegs ’n sak­kie vol no­tas en no­ta­boe­ke in Suid-A­fri­ka aan­ge­kom. Sy re­ke­naar en die res van sy be­sit­tings het in Au­gus­tus 2016 te mid­de van bloe­di­ge ge­veg­te in die stra­te van Ju­ba ver­dwyn, be­rig E­ri­ka Gib­son.

Hy wys vir ons een van die no­ta­boe­ke wat ge­vul is met sy net­jie­se hand­skrif. Bui­ten no­tas is daar ook 21 ge­dig­te in die boe­kie. On­der meer ge­dig­te soos “The De­ath Sen- ten­ce” en “No Jus­ti­ce No Mer­cy”.

‘Dit kan jou jou le­we kos’

End­ley se af­skeids­woor­de aan ons be­aam weer dat hy ’n sol­daat in murg en been is.

“Daar is baie Suid-A­fri­ka­ners be­trok­ke in die ont­my­nings­be­dryf en die se­ku­ri­teits­be­dryf. Ons stan­daar­de is reg oor die wê­reld be­kend as van die hoog­ste as dit kom by lei­er­skap, be­stuur, dap­per­heid, ken­nis en er­va­ring. Ons kan nie toe­laat dat ons daar­die stan­daar­de laat ver­slap nie. Ons moet nog steeds die voor­beeld stel. En om dít te doen en die be­gin­sels te be­skerm, kan jou dalk jou le­we kos . . .

“In my ge­val het dit my my vry­heid ge­kos, maar dít is die stan­daard waar­na ons moet stre­we en wat ons moet hand­haaf.”

Fo­to: DEON RAATH

Wil­li­am End­ley kort ná sy aan­koms in Suid-A­fri­ka ver­le­de Sa­ter­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.