Nou weet al­mal ’n toe mond is ’n heel mond

Die Burger - - 11 - Wil­lem de Haan, Wel­ge­moed

Daar het ons dit nou op goeie ge­sag: wit men­se, voor­heen be­kend as blan­kes, het in Suid-A­fri­ka niks meer te sê nie. Hul­le is nou amp­te­lik en o­pen­lik in die par­le­ment ge­waar­sku – ’n toe mond is ’n heel mond!

Dit is fei­te­lik kor­rek – in die nu­we Suid-A­fri­ka is wit men­se van geen be­lang en het hul­le hoe­ge­naamd geen in­vloed of in­spraak nie. In ’n de­mo­kra­sie tel slegs ge­tal­le. Ge­hal­te is ir­re­le­vant.

In ’n maat­skap­py het die hou­er van 5% van die aan­de­le mis­kien die reg om op ’n ver­ga­de­ring sy stem te ver­hef en word daar be­leef na hom ge­luis­ter, maar wan­neer die stem­me ge­tel word, be­te­ken 5% niks.

Die ar­ro­gan­sie van die meer­der­heid, soos ons dit nou in die par­le­ment ge­sien en ge­hoor het, is dus ge­grond op die werk­lik­heid – wit men­se tel nie. Hul­le kan praat so­veel as hul­le wil, maar dit is stof in die wind.

En tog, al is dit só, is dit tant San­nie wat nog per on­ge­luk in die mu­ni­si­pa­le kan­toor­tjie op die plat­te­land oor­ge­bly het, wat ver­hin­der dat al­les in ’n to­ta­le cha­os ver­val. Sy weet nog wat, wan­neer, waar ge­doen moet word.

Soos in die ge­val van ’n brood waar­voor baie meel en min suur­deeg no­dig is, hou hier­die niks­seg­gen­de spul ag­ter­ble­we wit men­se nog die bal­lon in die lug. Net-net, maar da­rem.

’n Brood son­der suur­deeg bly maar plat en hard. Maar weet Ju­li­us Ma­le­ma van brood bak?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.