50 Jaar ge­le­de | 9 Sep­tem­ber 1968

Die Burger - - 11 -

V S.A. ge­boi­kot: A­me­ri­ka het Suid-A­fri­ka se a­part­heids­be­leid gis­ter in New York ver­oor­deel en be­loof dat sy ver­bod op al­le vorms van wa­pen­ver­skaf­fing aan die re­pu­bliek nie op­ge­hef sal word nie. ’n A­me­ri­kaan­se af­ge­vaar­dig­de by die V.V.O., sen. John S­her­man Cooper, het ge­sê dat hy die groei­en­de me­ning in die A­me­ri­kaan­se se­naat deel dat A­me­ri­ka sy han­del met en sy be­leg­gings in Suid-A­fri­ka moet be­ëin­dig so­lank die land wei­er om a­part­heid te laat vaar. “Die a­part­heids­be­leid wat deur die re­ge­ring van Suid-A­fri­ka toe­ge­pas word, ver­teen­woor­dig die ge­voel­loos­te en on­mens­lik­ste vorm van dis­kri­mi­na­sie,” het hy ge­sê.

V Hoof van sen­sors: Mnr. Jan­nie Kru­ger, be­ken­de A­fri­kaan­se joer­na­lis en ge­we­se hoof­re­dak­teur van Die Trans­va­ler, is as voor­sit­ter van die Pu­bli­ka­sie­raad aan­ge­stel. Hy kom in die plek van prof. G. Dek­ker van Pot­chef­stroom, wie se diens­ter­myn ver­stryk het. Die Pu­bli­ka­sie­raad is be­las met die keu­ring en sen­su­re­ring van lek­tuur en rol­pren­te. V Hang hom­self: ’n Blan­ke het hom­self gis­ter in die sel­le van die land­dros­hof op Pie­ter­ma­ritz­burg op­ge­hang na­dat hy daar ver­skyn het op die aan­klag dat hy saam­ge­sweer het met die doel om on­tug te pleeg. Die man, Wil­lie Cxe­re­po­witz, het se­we jaar ge­le­de uit Ke­nia na Suid-A­fri­ka ge­kom. Hy het ge­sê dat hy ’n Wit-Oe­kra­ïe­ner is en dat hy slegs ’n bie­tjie En­gels kon praat.

V Be­dien­de val saam: ’n Drie­ja­ri­ge seun­tjie van Ke­nil­worth het hom gis­ter by­na dood­ge­val toe hy van die bal­kon op die eer­ste ver­die­ping van ’n woon­stel­ge­bou ge­tui­mel het. Die seun­tjie, R. Her­berg van Lo­thi­ans­woon­stel­le, Ke­nil­worth, is ge­red toe hy op die be­dien­de ge­val het. Sy wou hom van die ge­vaar­li­ke plek ver­wy­der toe hy ge­val het. Sy het hom beet­ge­kry, maar ge­strui­kel en oor die bal­kon ge­val en op haar kop ge­land met die seun­tjie in haar arms. Mev. M. G­rey, die op­sig­ter van die woon­stel­ge­bou, het ’n am­bu­lans ont­bied. Die seun­tjie het aan skok ge­ly en het net ’n ef­fen­se swel­sel aan sy kop ge­had. Die be­dien­de het erns­ti­ge rug­be­se­rings op­ge­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.