Tree op teen voer­tuie son­der lig­te op snel­weë

Die Burger - - 11 - Jan En­gel­brecht, Dur­ban­vil­le

As ge­reel­de pad­ge­brui­ker ná sons­on­der­gang op die N1 tus­sen Kaap­stad en Dur­ban­vil­le is dit vir my ver­stom­mend hoe­veel voer­tuie son­der e­ni­ge voor- en ag­ter­lig op die pad is, of an­der­sins slegs een voor- en een ag­ter­lig in wer­ken­de toe­stand het.

Ek tel ge­reeld tus­sen tien en 15 voer­tuie wat hul­le hier­aan skul­dig maak. Nou die aand was die laas­te strooi.

In ’n sta­di­um wou ek van die mid­del­ste baan na die reg­ter­kant­se baan oor­gaan, toe ek ge­luk­kig be­tyds ’n klein, don­ker­kleu­ri­ge voer­tuig, son­der e­ni­ge voor- en ag­ter­lig, ag­ter my op­merk. Die voer­tuig het teen ’n hoë spoed by my ver­by­ge­jaag.

Kort daar­na het ’n bak­kie son­der ag­ter­lig­te, met ’n sleep­wa son­der ag­ter­lig­te, ook by my ver­by­ge­kom.

Is daar nog men­se wat die­self­de on­der­vin­ding het? Waar­om word hier­die on­pad­waar­di­ge voer­tuie op ons paaie toe­ge­laat? Waar­om tree die ver­keers­af­de­ling nie on­ver­wyld op nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.