Wat­ter skoen pas jou?

Be­lê soos bes­te van jou ge­ne­ra­sie

Die Burger - - 12 - Han­lie S­tad­ler Só lyk die ge­ne­ra­sies S­til­le Ge­ne­ra­sie (ge­bo­re 1918-1944) Na-oor­log­se ge­ne­ra­sie, of (1945-’64) Ge­ne­ra­sie X (1965-’80) Mil­len­ni­ërs, of­te­wel Ge­ne­ra­sie Y (1981-’96) El­ke ge­ne­ra­sie het sy eie be­leg­gings­ge­woon­tes. Ge­ne­ra­sie Z (1997-2018) For­me­le

Wat is jou ge­ne­ra­sie se “be­leg­gings­per­soon­lik­heid”? Ons is al­mal sneeu­vlok­kies, die een so u­niek soos die an­der. En tog is daar in el­ke tyd­vak iets wat die Duit­sers Zeitgeist ge­noem het – tyd­gees of die gees van ’n ge­ne­ra­sie.

Die tyd­gees word ook uit­ge­beeld in die ma­nier waar­op men­se oor geld en be­leg­gings dink.

Guy F­let­cher, San­lam In­ves­t­ments se hoof van kli­ën­te-op­los­sings en na­vor­sing, sê as jy “ge­ne­ra­si­o­ne­le per­soon­lik­he­de” ver­staan, kan jy jou ge­ïn­ter­na­li­seer­de voor- en af­keu­re oor­kom.

Dis dwin­gend nood­saak­lik dat men­se e­ni­ge strui­kel­blok vir die bou van wel­vaart oor­kom so­dat meer men­se uit­ein­de­lik kan af­tree son­der om skie­lik hul leef­styl te moet in­kort, sê hy.

Die San­lam Ben­ch­mark-pei­ling vir 2018 het be­vind net 14% van men­se mét werk – dus men­se wat eint­lik die bes­te kans het om wel­vaart te kon op­bou in hul le­we – kan hul le­wens­peil ná af­tre­de hand­haaf. Die da­tums is net by be­na­de­ring – daar is al­tyd ’n ma­te van oor­vleu­e­ling of men­se wat meer met die ge­ne­ra­sie voor of ná hul­le i­den­ti­fi­seer. Die fi­nan­si­ë­le waar­des is ook ver­al­ge­me­nings en nie vir al­le men­se van daar­die ge­ne­ra­sie waar nie. Dié ge­ne­ra­sie was die eer­ste wat be­gin wel­vaart bou het. Om­dat hul­le in die Groot De­pres­sie (1929-’33) of Twee­de Wê­reld­oor­log (1939-’45) groot­ge­word het, is hul­le ge­woond aan sen­te om­draai. Dis die ge­ne­ra­sie be­kend vir waar­des soos har­de werk en ge­trou­heid – met ’n ge­neigd­heid tot spaar­saam­heid, sê F­let­cher.

“Die S­til­le Ge­ne­ra­sie het ti­pies een werk ge­had, 40 jaar lank, ten ein­de daar­die ge­sog­te goue hor- lo­sie te kry. Hul­le het ’n baie ge­dis­si­pli­neer­de be­na­de­ring tot werk en loop­ba­ne ge­volg, met ’n hoë ma­te van re­spek vir ge­sag.

“Die­self­de be­na­de­ring was op hul be­leg­ging­styl van toe­pas­sing: Hul­le is ge­neig om die raad van ‘ken­ners’ te volg, kies ’n be­leg­gings­por­te­feul­je en hou daar­by.”

ba­by boom­ers

Dié ge­ne­ra­sie heg ewe veel waar­de aan har­de werk as hul ou­ers en be­skou re­spek en suk­ses in die werk­plek as be­lang­rik.

F­let­cher sê die na-oor­log­se ge­ne­ra­sie was be­trek­lik wel­af ver­ge­le­ke met mil­len­ni­ërs: As hul sa­la­ris op die­self­de ou­der­dom in hui­di­ge rand­waar­de om­ge­ska­kel word, is dit dub­beld so­veel as wat mil­len­ni­ërs nou ver­dien.

Hul­le was eg­ter nie die bes­te spaar­ders nie en baie van hul­le suk­kel nou in hul af­tre­de.

Ten op­sig­te van be­leg­gings het die na-oor­log­se ge­ne­ra­sie die­self­de be­na­de­ring as hul ou­ers, sê F­let­cher: Hul­le koop en hou. Daar­by heg die na-oor­log­se ge­ne­ra­sie ook baie waar­de aan ei­en­dom, en baie be­skou hul woon­huis as ’n be­leg­ging. Baie men­se in dié ge­ne­ra­sie was die eer­stes wie se ou­ers al­bei ge­werk het. Dis die ge­ne­ra­sie wat si­no­niem ge­word het met mas­sa­ver­bruik, en vir wie dit be­lang­rik is om nie te veel by die bu­re af te steek nie, sê F­let­cher.

In San­lam se Ben­ch­mark-pei­ling is dié ge­ne­ra­sie baie pes­si­mis­ties of hul­le ge­noeg geld vir af­tre­de ge­spaar het. Die X’ers ver­wag om te werk nog lank na­dat hul­le amp­te­lik af­ge­tree het.

Wat be­leg­gings aan­be­tref, is Ge­ne­ra­sie X vol­gens F­let­cher die eer­ste ge­ne­ra­sie wat nie weg­skram van ri­si­ko nie. Hul­le ver­staan ook die waar­de van di­ver­si­fi­ka­sie. Suid-A­fri­kaan­se fi­nan­si­ë­le­diens­te­maat­skap­pye, waar­on­der San­lam, Li­ber­ty en Old Mu­tu­al, het die laas­te ja­re baie na­vor­sing ge­doen oor mil­len­ni­ërs se fi­nan­si­ë­le ge­drag.

Hul­le wil nie net vir geld werk nie, maar wil hê hul werk moet iets be­te­ken.

Hul­le gaan nie blin­de­lings lo­jaal wees aan ’n werk­ge­wer nie en be­vraag­te­ken dik­wels die “hoe­kom” van op­drag­te.

Hul­le is die ge­ne­ra­sie wat meer as hul ou­ers her­win, meer vry­wil­li­ge werk doen en deur­sig- tig­heid ver­eis wat al­les be­tref. Dit maak hul­le dik­wels skep­ties oor tra­di­si­o­ne­le fi­nan­si­ë­le ad­vies deur ma­ke­laars, ban­ke en ge­ves­tig­de ver­skaf­fers van fi­nan­si­ë­le diens­te, het Old Mu­tu­al vroe­ër van­jaar be­vind.

Old Mu­tu­al se na­vor­sing oor dié ge­ne­ra­sie wys hul­le ver­staan nog nie heel­te­mal die ver­skil tus­sen “spaar” en “be­lê” nie – by­na 61% van dié wat ge­peil is, plaas hul spaar­geld in ’n bank­re­ke­ning eer­der as in iets soos ’n ef­fek­te­trust­fonds. Ge­ne­ra­sie Z is nog ’n bie­tjie van ’n on­be­ken­de fak­tor, maar dis reeds be­kend dat hul­le die “al­tyd-aan”-ge­ne­ra­sie is, selfs meer as mil­len­ni­ërs en Ge­ne­ra­sie X. Hul le­we is deur­drenk van so­si­a­le me­dia.

Vol­gens F­let­cher is hul­le aan­ge­trok­ke tot en­tre­pre­neur­skap. Nes mil­len­ni­ërs is hul­le op soek na be­te­ke­nis in wat hul­le doen.

Dié ge­ne­ra­sie het nog nie juis be­gin be­lê nie, maar F­let­cher sê hul­le gaan waar­skyn­lik teg­no­lo­gie-ge­dre­we ma­nie­re kies om te be­lê. Hoe­wel die kon­sep van werk en af­tre­de ver­an­der, sê F­let­cher die kon­sep van ’n for­me­le loop­baan ge­volg deur for­me­le af­tre­de gaan nog so 20 tot 30 jaar be­staan.

En dit ver­eis “for­me­le be­leg­gings”.

F­let­cher sê die ba­sie­se be­gin­sels bly vir al­le ge­ne­ra­sies die­self­de:

Hoe vroe­ër jy be­gin spaar, hoe gro­ter die voor­deel van saam­ge­stel­de op­brengs .

Hoe meer jy jou hui­di­ge ver­bruiks­be­ste­ding kan ka­na­li­seer na be­leg­gings, hoe gro­ter sal jou uit­ein­de­li­ke af­tree­pot wees.

Be­gin met ’n lang­ter­myn­plan en hou daar­by.

■ ■ ■

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.