Wal­lis is guns­te­ling, al sê sta­tis­tie­ke an­ders

Die Burger - - 14 - – S­port­re­dak­sie

Aus­tra­lië mik van­aand in Car­diff na sy 14de ag­ter­een­vol­gen­de oor­win­ning oor Wal­lis.

On­danks dié in­druk­wek­ken­de stuk­kie sta­tis­tiek, word die Wal­la­bies nie as die guns­te­ling-span ge­ag om teen die Rooi Dra­ke te wen nie.

Die re­de is dat Wal­lis sy laas­te ses rug­by­toet­se ge­wen het, ter­wyl die Wal­la­bies die af­ge­lo­pe 12 maan­de met ’n ska­me­le wen­per­sen­ta­sie van 25% te­vre­de moet wees.

Mi­cha­el C­hei­ka, die af­rig­ter van die Wal­la­bies, het aan die Syd­ney Mor­ning He­rald ge­sê dit pla hom nie dat Wal­lis as die guns­te­ling be­skou word nie.

“Jy kyk al­tyd na die 80 mi­nu­te wat voor jou lê en die res is net praat­jies,” het C­hei­ka ge­sê.

C­hei­ka het iet­wat ver­ras deur To­lu La­tu – wat iet­wat van ’n heet­hoof is – op ha­ker in die plek van die ve­te­raan Ta­ta­fu Po­lo­ta-Nau te kies.

La­tu is on­langs met twee geel­kaar­te ge­straf, maar C­hei­ka het ge­sê hy ver­wag nie van hom om skie­lik min­der ag­gres­sief te speel nie.

War­ren Gat­land, Wal­lis se brei­er, het in­tus­sen aan die BBC ge­sê hy hoop sy plaas­ver­van­gers­bank kan ’n be­dui­den­de im­pak maak.

Daar is on­der an­de­re twee B­rit­se en Ier­se Leeus, Dan Big­gar en Li­am Wil­li­ams, en ’n voor­ma­li­ge Wal­lie­se kap­tein, El­lis Jen­kins, op Wal­lis se plaas­ver­van­gers­bank.

Die vu­ri­ge ha­ker To­lu La­tu is in die Aus­sies se be­gin­span teen Wal­lis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.