An­der­son mik vir top-twee in Lon­den

Die Burger - - 15 - Jo­hann de Jager

Die tyd wat Ke­vin An­der­son van­dees­week op die oe­fen­ba­ne deur­ge­bring het, wys hoe erns­tig hy oor sy eer­ste ATP-jaar­eind­toer­nooi is.

Sy eer­ste mik­punt in Lon­den is om as een van die voor­ste twee spe­lers in sy groep te ein­dig.

Die 32-ja­ri­ge An­der­son is die eer­ste Suid-A­fri­ka­ner in 23 jaar wat in die en­kel­spel van dié jaar­lik­se ten­nis­toer­nooi speel. Way­ne Fer­rei­ra kon dit laas in 1995 ver­mag.

Suid-A­fri­ka se Ra­ven Klaa­sen, wat weer in die dub­bel­spel be­trok­ke is, het vroe­ër die week ont­hul dat An­der­son se­dert sy aan­koms daar om­trent die oe­fen­ba­ne be­set het.

An­der­son het met ’n be­soek aan die B­rit­se uit­saai­er Sky S­ports her­haal dit was van­jaar een van sy groot doel­wit­te om in dié pres­ti­ge­ry­ke toer­nooi aan die ein­de van die jaar te speel.

“Ek voel ek speel tans goeie ten­nis en ek sien baie daar­na uit.”

An­der­son is in­der­daad goed op dreef.

Hy het ver­le­de maand in We­ne, Oos­ten­ryk, ook ’n bin­nens­hui­se toer­nooi soos die ATP­jaar­eind­toer­nooi, in sy vyf­de eind­stryd van die jaar sy twee­de ti­tel ge­wen.

Hy het daar met Kei Nis­hi­ko­ri van Ja­pan af­ge­re­ken wat nou een van sy groep­teen­stan­ders in Lon­den gaan wees.

An­der­son be­gin sy aan­slag mô­re teen Oos­ten­ryk se Do­mi­nic T­hiem teen wie hy ’n baie goeie ver­to­nings­lys van 6-2 het.

T­hiem het eg­ter al­bei van­jaar se twee krag­me­tings tus­sen hul- le ge­wen. An­der­son sal ver­al wil ver­goed vir die ne­der­laag in die A­me­ri­kaan­se Ope.

T­hiem het ook die voor­deel dat hy vir die der­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar in die ATP-jaar­eind­toer­nooi speel.

An­der­son se taai­ste groep­teen­stan­der is na­tuur­lik Ro­ger Fe­de­rer van S­wit­ser­land, wie hy van­jaar in die Wim­ble­don­kwart­eind­ron­de die eer­ste keer in sy loop­baan ver­ras het.

Die 37-ja­ri­ge Fe­de­rer is gis­ter­aand op die jaar­eind­toer­nooi se be­kend­stel­lings­pleg­tig­heid ver­eer as on­der­steu­ners se guns­te­ling van die jaar.

An­der­son was be­noem vir die sport­man­skap­prys wat toe aan Ra­fa­el Na­dal ge­gaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.