Pro­tea-kol­wers swig voor druk

Die Burger - - 15 - Ti­nus van S­ta­den

’n Vyf­tig­tal deur Da­vid Mil­ler was gis­ter nie ge­noeg om te ver­goed vir die Pro­tea-voor­slag­kol­wers se treu­ri­ge ver­to­ning in die twee­de een­dag­wed­stryd teen Aus­tra­lië in A­de­lai­de nie.

Suid-A­fri­ka het dié wed­stryd met se­we lo­pies ver­loor na­dat Aus­tra­lië op ’n re­de­li­ke mak kolf­blad vir ’n be­skeie 231 uit­ge­boul is. Die Pro­te­as kon slegs 224/9 in hul 50 boul­beur­te be­reik. Die ein­de was ook glad nie so span­nend soos wat die tel­ling weer­spie­ël nie.

Faf du P­les­sis, die SuidA­fri­kaan­se kap­tein, was ná die wed­stryd te­leur­ge­steld met sy span se kolf­ver­to­ning.

“Ek was baie te­vre­de ná ons boul­ver­to­ning, maar ek is baie te­leur­ge­steld met hoe ons ge­kolf het. Aus­tra­lië het wel goed ge­boul,” sê Du P­les­sis.

Die Pro­te­as het op 68/4 ge­stei­er, na­dat ver­al Ai­den Mar­kram (19) en Hein­rich Klaas­en (14) hul paal­tjies weg­ge­smyt het.

Mar­kram is uit­ge­hard­loop, ter­wyl Klaas­en ’n hou na die by­kant for­seer het en uit­ge­vang is.

Daar­na het Du P­les­sis (47) en Da­vid Mil­ler (51, 71 af­le­we­rings) le­we te­rug in Suid-A­fri­ka se jaag­tog ge­blaas met ’n ven­noot­skap van 74.

“Ek en Da­vid moes die span oor die wen­streep ge­neem het.”

Toe Du P­les­sis ’n af­le­we­ring van Pat Cum­mins (1/27 in tien boul­beur­te) bui­te die weg­pen ge­jaag het, bin­ne­rand by­ge­kry en dit op sy paal­tjies ge­trek het, was dit weer be­nou­de bou­de vir die Pro­te­as.

“Hul­le het baie druk op ons ge­plaas na­dat ek uit is, maar ’n goeie span sou steeds van daar­die po­si­sie af ge­wen het. Ons moet hard­nek­ki­ger wees met die kolf.”

D­wai­ne P­re­to­ri­us het vroe­ër met die bal uit­ge­blink na­dat Suid-A­fri­ka die loot ge­wen en be­sluit het om eer­ste te boul. Sy goeie lyn en leng­te het hom ge­help om sy­fers van 3/32 in sy tien boul­beur­te te be­haal.

Vol­gens Du P­les­sis was hy te­vre­de met P­re­to­ri­us se boul­ver­to­ning, maar te­leur­ge­steld in sy kolf­werk.

“Hy het goed ge­boul, maar ek sou graag wou sien dat hy meer lo­pies aan­ge­te­ken het.”

Die be­slis­sen­de wed­stryd word mô­re in Ho­bart be­slis.

Fo­to:­ GETTY­ IMAGES

Da­vid Mil­ler gis­ter op pad na sy vyf­tig­tal teen die Aus­sies in A­de­lai­de.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.