Ge­da­ne sa­ke het geen keer

Die Burger - - 15 -

Daar is die Springbokke toe laas na­week op T­wic­ken­ham let­ter­lik ge­skou­er­loop uit ’n moont­li­ke toets­rug­by­se­ge oor En­ge­land. Sies­tog!

Die vraag is of dié les­sie in ver­speel­de kan­se van­aand ter har­te ge­neem gaan word wan­neer die na­si­o­na­le span die on­voor­spel­ba­re Ha­ne in die S­ta­de de Fran­ce in Parys pak.

Of gaan daar weer ’n sar­sie bit­ter be­skul­di­gings wees ná die eind­fluit­jie, soos wat teen die Ro­se die ge­val was?

Dalk nog ’n dwars­klap na Wê­reld­rug­by?

Ja, ons wéét die En­gels­man O­wen Far­rell het vir An­dré Ester­hui­zen sans arms, net met die skou­er ge­loop. Dit wás straf­baar. Selfs in die dood­snik­ke van die toets. En ons wéét die Aus­tra­li­ër An­gus Gard­ner was te lam­sak­kig om ’n straf­skop (bin­ne tref­af­stand) aan die Bok­ke toe te ken. Ook dat die tuis­span ge­volg­lik met 12-11 ge­wen het.

Wat ons ook weet en ons­self éér­der oor moet be­kom­mer, is dat die Bok­ke nie die ge­bieds­voor­deel, meer­der­heid bal­be­sit en (vir 10 mi­nu­te lank) ge­tal­le-voor­deel be­nut het nie. Ver­speel­de kan­se, eer­der as ’n B­leek­been se skou­er­loop, het die span ’n se­ge ge­kos.

Nou is daar al­ler­han­de grap­pies wat die ron­de doen.

Soos die een oor die ver­steek­te kroeg ie­wers in T­wic­ken­ham-sta­di­on. Plek se naam is Far­rell’s Arms. Al­mal praat daar­van, maar nie­mand het dit ge­sien nie.

Ook die “vi­deo-op­na­me” van­dees­week op so­si­a­le me­dia wat wys hoe Ras­sie en die ver­de­di­gings­ghoe­roe Ja­c­ques Nie­na­ber vir Ester­hui­zen by ’n Bok-oe­fe­ning in Parys “leer” om ’n skou­er­loop à la Far­rell uit te voer.

Die Bok-be­stuur ont­ken uit die aard van die saak dat hy dié op­na­me ge­maak het. Dis dan se­ker ’n steel­vi­deo. Fran­se pa­pa­raz­zi, mos. Na­tuur­lik.

Toe­ge­gee, dis straks ’n mid­del­vin­ger wat Wê­reld­rug­by ver­dien, maar die oor­sprong van die vi­deo is nie­te­min twy­fel­ag­tig.

Skuim­kop het van­dag gra­tis raad vir Ras­sie: as die wed­stryd ver­by is, gaan niks wat jy ag­ter­na sê of doen iets aan die uit­slag ver­an­der nie.

■ Al waar­oor jy (min of meer) be­heer het, is die 80 en ’n bie­tjie mi­nu­te tus­sen die af­skop en die eind­fluit­jie. Fo­kus net hier­op. Ver­geet van ‘ja, maar ...’ en ‘wat as ...’

Van grap­pies ge­praat Die wê­reld se bes­te ha­ker, vol­gens baie spraak­sa­me ken­ners dees­dae, is ons eie 4x4-dub­bel­ka­juit-har­de­baard Mal­colm Marx.

Skuim­kop is ’n Marx-man. Nie se­dert Bis­marck du P­les­sis het ’n Bok in die nr. 2-trui met die óp­draf­slag so­veel af­wag­ting en op­ge­won­den­heid ge­skep nie.

Hy be­skik oor al die ka­rak­ter­trek­ke van die Groot Vyf: ge­vaar­lik soos die leeu, ge­dul­dig soos die o­li­fant, sterk soos die buf­fel, ge­pant­ser soos die re­nos­ter, vlug­voe­tig soos die lui­perd.

Ai, maar was dit maar die Groot Sés: ak­ku­raat soos die swart mam­ba, wat 90% suk­ses be­haal el­ke keer as hy mik en pik. Ons man Marx kan werk aan sy in­gooie. Net aan sy in­gooie.

Voor Ja­pan 2019, as­se­blief, Ras­sie.

■ Soos ’n Net­werk24-le­ser ge­skryf het: Marx het ná die En­ge­land-toets uit pu­re frus­tra­sie sy tok­sak in die span­bus rond­ge­gooi ... hy het glo niks en nie­mand ge­tref nie.

Wil­lem bel huis toe Dis nie al­tyd maan­skyn en ro­se as ta­lent­vol­le sport­men­se ’n oor­se­se rig­ting in­slaan in die ska­du­wee van plaas­li­ke kwes­sies soos “trans­for­ma­sie” of “keu­se op grond van me­rie­te” nie.

Die 21-ja­ri­ge Wil­lem Lu­dick, wat Suid-A­fri­ka se o.19-span by die 2016 Wê­reld­be­ker-toer­nooi ver­teen­woor­dig het, was ’n on­lang­se slag­of­fer van die boe­me­rang-ef­fek, al was dit nie in Aus­tra­lië nie.

As ’n mens op die oog af na die sy­fers (461) 616 1666 kyk, sou dit dalk die jong Wil­lem se te­le­foon­nom­mer in Nieu-See­land kon wees, waar hy dees­dae in Ha­miI­ton vir die Cen­tral Stags-span speel. He­laas nie.

Dis hoe sy boul­sy­fers ná een beurt in ’n Ford Trop­hy-een­dag­wed­stryd teen die Nort­hern Dis­tricts-span ge­lyk het.

B­rett Hamp­ton en Joe Car­ter het die ska­de in die ver­loop van agt af­le­we­rings (een boul­beurt plus twee fout­bal­le) aan­ge­rig en die ar­me Lu­dick was 43 lo­pies la­ter aan die ont­vang­kant van wat ná de­se ’n nu­we wê­reld­re­kord is vir die duur­ste beurt in eer­ste­rang­se een­dag­krie­ket.

Kan jy nou glo, sê Skuim­kop se kol­le­ga, dat hy al die pad Nieu-See­land toe moes gaan om só ge­slaan te word.

■ Hy kon net so­wel e­ni­ge Sa­ter­dag­aand in ’n sport­kroeg ie­wers in die noor­de­li­ke voor­ste­de ’n mis­moe­di­ge S­tor­mers-on­der­steu­ner se bran­de­wyn om­ge­stamp het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.