N­ko­si sê hy moet sy sok­kies op­trek

Die Burger - - 16 - Co­bus Claas­sen

Dit ge­beur nie som­mer dat ’n rug­by­spe­ler op ’n nuus­kon­fe­ren­sie bieg hy het ’n swak wed­stryd ge­speel nie. En nog min­der as die mees­te waar­ne­mers dit boon­op eens was dat hy ’n meer as skaf­li­ke ver­to­ning ge­le­wer het.

Toe die S­pring­bok-blits Sbu N­ko­si dié week dus te ken­ne gee hy sal sy sok­kies moet op­trek in die toets teen Frank­ryk, het hy ’n paar rug­by­skry­wers on­kant be­trap.

Hy was dan juis een van Bok­ke wat uit­ge­blink het teen En­ge­land op T­wic­ken­ham?

“Nee, nie nood­wen­dig nie. Ek het in ’n paar af­de­lings van my spel te­kort ge­skiet en die toets teen Frank­ryk is ’n nu­we kans om ’n paar ver­stel­lings te maak,” het die jong vleu­el van die Haaie ge­sê.

N­ko­si kom van­aand te staan teen Da­mi­an Pe­naud, seun van die oud-Haan Alain Pe­naud.

Dié vleu­el van C­ler­mont Au­verg­ne word as een van die nu­we ge­slag Fran­se ster­re be­skou.

Vol­gens N­ko­si, wat in slegs sy vyf­de toets speel (sy eer­ste teen Frank­ryk), het die Fran­se in die Ju­nie-toets­reeks teen die All Blacks ge­lyk na ’n span wat aan­val­lend wil speel.

Ge­ge­we die re­ën­voor­spel­ling vir Parys, sal die tuis­span na ver­wag­ting af­wyk van dié be­na­de­ring.

“As hul­le wel meer gaan skop, sal ons daar­by moet aan­pas en dit gaan op dié vlak oor hoe jy re­a­geer op ’n tak­tiek wat jy nie ver­wag het nie,” ver­klaar N­ko­si.

Ras­sie Eras­mus, die hoof­af­rig­ter, sal met Wil­lie le Roux te­rug in die Springbokke se ag­ter­ste drie, gro­ter ge­moeds­rus hê in dié op­sig.

Eras­mus het in­tus­sen ver­klap dat hy in sy be­plan­ning vir die Wê­reld­be­ker-toer­nooi nie be­oog om veel meer oor­se­se spe­lers te be­trek nie.

Le Roux (Was­ps), Gio A­plon (Toyo­ta Ver­blitz), C­heslin Kol­be (Tou­lou­se), Faf de Klerk (Sa­le S­harks), Du­a­ne Ver­meu­len (Ku­bo­ta S­pears), Fran­cois Louw (Bath), Fran­co Mos­tert (Glou­ces­ter) en Vin­cent Koch (Sa­ra­cens) is tans die oor­se­se spe­lers in die toer­groep.

“Daar is nou 36 spe­lers in ons groep en vir die Wê­reld­be­ker-toer­nooi kan jy net 31 kies. Daar is ’n paar be­seer­de spe­lers by die huis, so van die ou­ens gaan vol­gen­de jaar in die slag bly.

“Ek kyk wel na ’n paar spe­lers in sleu­tel­po­si­sies soos ha­ker en los­ska­kel, en spe­si­fiek na ou­ens soos Pat Lam­bie en Bis­marck du P­les­sis.

“Daar is spe­lers wat ek dop­hou, maar ek twy­fel of ons reg­tig, af­ge­sien van die spe­lers wat tans in ons groep is, an­der oor­se­se spe­lers sal kies. Dit kan al­tyd ver­an­der as daar groot be­se­rings is.”

Dit is nie goeie nuus vir spe­lers soos Jan Ser­fon­tein en Frans S­teyn nie.

Ser­fon­tein, wat vir Mont­pel­lier in Frank­ryk speel, het on­langs weer be­gin speel en dit sal ’n ver­ras­sing wees as hy glad nie in die af­sien­ba­re toe­koms deel van Eras­mus se plan­ne is nie.

Vol­gen­de jaar se Su­per­reeks sal die be­lang­rik­ste maat­staf wees vir Wê­reld­be­ker-kan­di­da­te. Dit is juis met sy ver­to­nings in die kom­pe­ti­sie waar­mee N­ko­si van­jaar op die voor­grond ge­tree het.

Ver­meu­len speel in 2019 Su­per­rug­by vir die Bul­le, so­dat dit hom ook die bes­te moont­li­ke kans gee om Eras­mus se groep te haal.

Sbu N­ko­si

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.