Ras­sie: ‘Ek was kat­swink’

Die Burger - - 1 - Co­bus Claas­sen

Ras­sie Eras­mus, die Bok­ke se hoof­af­rig­ter, was so half ver­ras toe ’n Fran­se rug­by­skry­wer hom in die af­ge­lo­pe week uit die blou­te vra of hy SuidA­fri­ka se oor­win­ning oor die Fran­se in 1997 in Parys kan ont­hou.

“Baie goed, ja. Ek kan nie sê ek het goed ge­speel nie, maar dit is goeie her­in­ne­rin­ge,” het Eras­mus ge­ant­woord.

Daar­die dag – 22 No­vem­ber 1997 – het die Bok­ke die vloer ge­vee met die Ha­ne in een van hul bes­te ver­to­nings nóg.

Die toer­span was nog die vo­ri­ge Sa­ter­dag in Lyon in ’n ti­ta­nie­se stryd teen Frank­ryk ge­wik­kel en het net-net met 36-32 ge­wen.

Toe kom die slag­ting van 52-10 heel on­ver­wags in Parys.

Dit was boon­op ver­on­der­stel om ’n myl­paal in Fran­se rug­by te wees, want Les B­leus het die Parc des P­rin­ces-sta­di­on daar­die dag ge­groet en sou daar­na in die blink­nu­we S­ta­de de Fran­ce gaan nes­skop.

Om al­les te kroon, was die tuis­span al­les­be­hal­we ’n hier­jy-span en het een van die mees ge­vrees­de los­trio’s in wê­reld­rug­by ge­had: Ab­de­latif Be­naz­zi, Lau­rent Ca­ban­nes en P­hi­lip­pe Be­net­ton.

Maar die Bok-sen­ter An­dré Sny­man het daar­die dag som­mer in die eer­ste mi­nuut al gaan druk en die vleu­el Pie­ter Ros­souw het uit­ein­de­lik vier keer ag­ter die Fran­se doel­lyn gaan draai.

Eras­mus, die Vry­staat­se flank wat in sy vyf­de toets ge­speel het na­dat hy vroe­ër die sei­soen sy toets­bui­ging teen die B­rit­se en Ier­se Leeus ge­maak het, het in die twee­de helf­te die veld met har­sing­skud­ding ver­laat.

“Ek ont­hou ek het ’n bal on­der­skep en Pie­ter (Ros­souw) weg­ge­stuur en ’n paar mi­nu­te la­ter is ek van die veld af.”

Fa­bien Pe­lous, die Ha­ne se plaas­ver­van­ger-slot, se knie het hom teen die kop ge­tref.

“Ek ont­hou dit. Wel, ek het dit ná die tyd op die vi­deo ge­sien. Dit was ’n goeie dag vir S­pring­bok-rug­by en een van daar­die wed­stry­de waar­in al­les reg ver­loop het. Ek ont­hou ons was skit­te­rend op die aan­val.”

Wat ’n af­skeids­par­ty­tjie vir die “prin­ses” van Fran­se rug­by moes wees, was fol­te­ring vir die 35 000 toe­skou­ers.

Fo­to: GETTY IMAGES

Pie­ter Ros­souw was die Bok­ke se held in hul toets teen Frank­ryk in 1997 en het vier keer gaan druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.