Suid-Soe­dan

Die Burger - - 11 -

Suid-Soe­dan het sy on­af­hank­lik­heid van Soe­dan op 9 Ju­lie 2011 ver­kry, die ge­volg van ’n oor­een­koms wat A­fri­ka se lang­ste bur­ger­oor­log be­ëin­dig het. Die land met sy ge­skat­te 8-10 mil­joen in­wo­ners be­slaan Soe­dan se tien sui­de­lik­ste sta­te en is die tuis­te van meer as 60 et­nie­se groe­pe. Sy groot­ste stad en hoof­stad is Ju­ba.

Bur­ger­oor­log en et­nie­se ge­weld het in 2013 uit­ge­breek na­dat pres. Sal­va Ki­ir sy ad­junk, Riek Ma­char, en tien an­der van be­trok­ken­heid by ’n staats­greep be­skul­dig het. ’n V­re­des­oor­een­koms is in 2015 on­der­te­ken en Ma­char het in 2016 te­rug­ge­keer as ad­junk­pre­si­dent.

Ge­weld het eg­ter weer uit­ge­breek en Ma­char het land­uit ge­vlug. ’n Oor­een­koms is in Au­gus­tus 2018 be­reik wat ’n ein­de ge­bring het aan die vyf jaar lan­ge bur­ger­oor­log. Ma­char is weer aan­ge­stel as ad­junk­pre­si­dent. ’n Ge­skat­te 400 000 men­se het in dié kon­flik ge­sterf en meer as 4 mil­joen men­se is ver­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.