R­ho­de veg teen tra­ne toe hy dog­ter sien

Die Burger - - 1 - Ca­ra-Lee Dorf­ling Si­bon­gi­le Ma­ni

Die s­tu­dent wat meer as R800 000 van die na­si­o­na­le hulp­ske­ma vir stu­den­te (NSFAS) be­stee het, sal eers in 2019 in ’n Oos-Kaap­se hof ver­hoor word.

Si­bon­gi­le Ma­ni (28), ’n s­tu­dent aan die Wal­ter Si­su­lu-U­ni­ver­si­teit (WSU) in Oos-Lon­den, het gis­ter­og­gend vlug­tig op ’n aan­klag van dief­stal in die streek­hof ver­skyn.

Die saak teen Ma­ni is tot 18 Ja­nu­a­rie uit­ge­stel, sê kapt. A­ne­li­sa Fe­ni, Val­ke-woord­voer­der.

Vol­gens A­san­da Pa­ka­de, Ma­ni se regs­ver­teen­woor­di­ger, is die saak uit­ge­stel om die fi­na­le ver­hoor pro­se­du­res uit­een te sit.

Hy meen die ver­hoor be­hoort kort daar­na te volg.

Ma­ni het in 2017 oor­nag ’n mil­joe­nêr ge­word toe sy ver­keer­de­lik R14 mil­joen van NSFAS ont­vang het.

Sy was slegs ge­reg­tig op R1 400 wat vir boeke en kos ge­bruik moes word.

Na be­we­ring het Ma­ni nie die fout aan­ge­meld nie en het bin­ne 73 dae R818 000 van dié geld be­stee. Die geld is blyk­baar aan par­ty­tjies en mooi­maak­goed be­stee.

Ná ’n uit­ge­brei­de on­der­soek het die Val­ke Ma­ni in Mei aan­ge­keer. Sy is die­self­de dag nog vry­ge­laat met ’n waar­sku­wing dat sy weer in die hof moet ver­skyn.

Fo­to: ADRIAN DE KOCK

’n E­mo­si­o­ne­le Ja­son Ro­hde na­dat sy oud­ste dog­ter gis­ter in die ge­tui­e­bank in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad in­ge­skuif het. Be­rig en nog ’n fo­to op bl. 4.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.