Pro­tea mag nie meer sy mas­ker op krie­ket­veld dra nie

Pro­tea mag nie sy mas­ker op die krie­ket­veld dra

Die Burger - - 1 - Chris­to Bu­ch­ner @Net­werk24sport

Die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad (IKR) het ’n stok­kie ge­steek voor Ta­braiz S­ham­si se ei­e­soor­ti­ge wy­se waar­op hy paal­tjies vier.

Dié links-go­ël­bou­ler van die Pro­te­as en die Paarl Rocks in die M­zan­si-su­per­liga (MSL) is voor Woens­dag se wed­stryd teen die Tshwa­ne S­par­tans in Cen­tu­ri­on ver­bied om sy mas­ker­vie­ring uit te voer.

In die vo­ri­ge wed­stryd van die Rocks teen die Dur­ban He­at het S­ham­si, na­dat hy ’n paal­tjie ge­neem het, ’n kop­doek on­der sy hemp uit­ge­pluk en dit as ’n mas­ker oor sy ge­sig ge­bind so­dat net sy oë uit­steek.

Hy het hier­die bui­ten­ge­wo­ne vie­ring die eer­ste keer ge­bruik toe hy vroe­ër van­jaar in die Ka­ri­bie­se P­re­mier­liga ge­speel het.

Ger­rie Pie­naar, die wed­stryd­skeids­reg­ter by Woens­dag se wed­stryd, sê vi­de­o­ma­te­ri­aal van S­ham­si se mas­ker­vie­ring Sondag in die Paarl is na die IKR ge­stuur en daar is be­vind dit is nie toe­laat­baar nie want dit kan die spel on­eer aan­doen en dalk nie teen­stan­ders re­spek­teer nie.

“Die ge­voel is as hy (S­ham­si) toe­ge­laat word om daar­mee voort te gaan, sal an­der s­pe­lers ook met al­ler­lei an­der en vreem­de maniere vo­ren­dag kom om hul paal­tjies te vier en dat din­ge so hand­uit kan ruk.

“Daar moet steeds re­spek teen­oor ’n kol­wer wees wat nou net uit­ge­haal is. Daar­om het ek voor die wed­stryd met hom ge­praat en vir hom ver­dui­de­lik hy mag dit nie doen nie. Sou hy daar­mee voort­gaan, sal daar tug­stap­pe ge­doen word,” sê Pie­naar.

S­ham­si, wat toe boon­op die Rocks se suk­ses­vol­ste bou­ler was en 3/18 ge­neem het, het er­ken hy was be­slis van plan om sy mas­ker­vie­ring vir die Cen­tu­ri­on-ska­re te wys.

“Daar is so­veel druk op jou as bou­ler, dat ek voel my vie­ring van ’n paal­tjie is ’n uit­laat­klep. Ek pro­beer pret hê met my vie­rin­ge en dit is be­slis nie om­dat ek on­eer­bie­dig teen­oor ’n kol­wer wil wees nie.

“Ek pro­beer ook u­niek wees met die wy­se waar­op ek din­ge op die veld doen,” het hy ge­sê.

S­ham­si het AB de Vil­liers Woens­dag met ’n uit­ste­ken­de af­le­we­ring ge­boul en hoe­wel hy met sy han­de langs sy lyf soos ’n voël ge­vlieg het, sou sy vie­ring van daar­die be­son­de­re paal­tjie waar­skyn­lik meer uit­spat­tig ge­wees het in­dien hy toe­ge­laat sou word om sy mas­ker te dra.

Die Ca­pe To­wn B­litz gaan van­aand (om 19:00) pro­beer om hul hou­vas op die pun­te­lys te ver­ste­wig wan­neer hulle die Paarl Rocks op Nu­we­land pak.

Die B­litz is tans die voor­lo­per met 25 pun­te ná 8 wed­stry­de. Die Nel­son Man­de­la Bay Gi­ants is twee­de met 21. Die Dur­ban He­at pak die Jo­zi S­tars om 14:00 in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.