Leer­ling se dans­vi­deo laat Suid-A­fri­ka saam hup­pel

Die Burger - - 1 - Ca­ra-Lee Dorf­ling

’n Vi­deo van ’n Oos-Kaap­se tie­ner wat ’n so­ge­naam­de towns­hip-dans doen het soos ’n veld­brand op so-si­a­le me­dia ver­sprei.

Die vi­deo van die 14-ja­ri­ge Tra­vis Dy­er-S­mith het drie dae ge­le­de die lig op die Facebook-blad Jo­bur­ger ge­sien en het reeds meer as 36 000 tref­slae.

Dié leer­ling van S­ti­r­ling High S­chool in Oos-Lon­den glo die vi­deo vaar so goed om­dat dit be­wys dat mu­siek men­se by­me­kaar kan bring.

“Dit wys dat mu­siek men­se by­me­kaar bring son­der om oor ras en ou­der­dom be­kom­merd te wees.”

Tra­vis sê hy weet dié dans wat hy in die vi­deo doen word as ’n so­ge­naam­de towns­hip-dans be­skou, maar die oor­sprong van die dans pla hom min, want hy ge­niet e­ni­ge soort dans.

“Dit pla my nie. Ek was nog al­tyd gees­drif­tig oor al­le soor­te dans, so ek leer maar deur vi­deo’s en my vrien­de speel ook ’n groot rol. Op die uit­ein­de is ek net lief daar­voor om die mid­del­punt van aan­dag te wees,” skerts Tra­vis.

Hy be­oog eg­ter nie om ’n loop­baan van dans te maak nie – hy mik eer­der ver­hoog toe as ’n ak- teur.

Op Facebook het Mhlen­gi X­ha­te Ntswa­ne ge­sê “dis die Suid-A­fri­ka wat ons be­no­dig dié”. Jackie Buhle Man­gu­ba N­ka­la het ge­skryf “goed so, dít is wat jong men­se moet doen. Nie me­kaar of on­der­wy­sers s­teek, bier drink en hoog word nie. Hou aan met die goeie gees”.

Tra­vis doen die towns­hip-dans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.