Na­ka: Hel­de ‘het nie ge­weet dis hý nie’

Die Burger - - 1 - And­rea K­ü­sel Na­ka Drot­ské

Toe hul­le die on­be­ken­de bloei­en­de man ver­le­de Don­der­dag­nag ge­help het, het hul­le nie ge­weet dit is die oud-S­pring­bok Na­ka Drot­ské nie.

P­ret­ty Ne­do­bo­ni (25) en Nt­ha­the­ni Mu­dau (35), al­bei kon­struk­sie­wer­kers, was op pad huis toe toe hul­le op die be­seer­de Drot­ské af­kom op die Ka­meel­drift­pad in P­re­to­ria na­dat hy deur ro­wers ge­skiet is.

“Ons was op pad huis toe na­dat ons klaar­ge­maak het by die werk. Dit was ná 21:00. Ag­ter ons was daar ’n Toyo­ta For­tu­ner wat vin­nig ge­ry het. Voor in die pad was daar ’n ei­land waar­teen die mo­tor ge­bots het,” ver­tel Ne­do­bo­ni.

“Daai groot man, Os (du Randt), het uit die mo­tor ge­klim en ge­wys ons moet stil­hou. Ons het ge­weet iets is fout om­dat die mo­tor se nood­lig­te aan was,” sê sy.

Sy ver­tel Du Randt het aan die mo­tor­ven­ster ge­klop.

“Hy het ge­sê sy vriend is ge­skiet en hy het ons ge­vra om hom na die hos­pi­taal te bring. Ek het op die ag­ter­sit­plek gaan sit en Na­ka het voor ge­sit.”

Ne­do­bo­ni sê Du Randt het hul­le ge­vra om Drot­ské na die Ne­t­ca­re Mon­ta­na-hos­pi­taal te bring.

“Ek het nie eens ge­weet waar dié hos­pi­taal is nie. Ek het die GPS op my sel­foon ge­bruik vir aan­wy­sings,” ver­tel sy.

Pie­ter van der West­hui­zen, hul werk­ge­wer, ver­tel Du Randt het Drot­ské se le­we in dié twee se han­de oor­ge­gee.

“P­ret­ty en Mu­dau het in ’n Re­nault C­lio ge­ry en daar was nie plek vir Os om te sit nie. Hy het hul­le ver­trou en Na­ka in hul han­de ge­los,” sê Van der West­hui­zen.

Hy ver­tel dis blo­te toe­val dat hul­le daar­die aand laat ge­werk het.

“Dit is eint­lik on­ge­woon vir ons om laat te werk. As ons daar­die aand nie so laat ge­werk het nie, kon my werk­ne­mers dalk nie vir Drot­ské ge­help het nie.”

Die rit op pad na die hos­pi­taal was ui­ters stres­vol, sê Mu­dau.

“Ons kon sien hy (Drot­ské) is in baie pyn. Hy kon nie praat nie. Daar was nie veel wat ons uit hom kon kry nie. Ons was baie bang. Sy toe­stand was vrees­aan­ja­end.”

Mu­dau sê dit was ’n trau­ma­tie­se er­va­ring. Hy moes kop­hou en oor rooi ver­keers­lig­te jaag om Drot­ské so gou as moont­lik by die hos­pi­taal te kry.

Mu­dau sê hy weet nie p­re­sies waar­om hy be­sluit het om daar­die aand stil te hou om die twee mans te help nie, ver­al om­dat dit ’n stil en ge­vaar­li­ke pad is.

“As ie­mand uit­roep om hulp moet jy twee keer dink. Dalk los jy hom en dan gaan hy dood. Jy sal al­tyd met die we­te leef dat jy eint­lik moes help.”

Ne­do­bo­ni en Mu­dau het glad nie ge­weet wie Drot­ské is nie.

Mu­dau het die­self­de aand nog vir Van der West­hui­zen ge­bel om hom van die voor­val te ver­tel.

“Die vol­gen­de dag het ek o­ral in die nuus ge­sien dat Drot­ské in ’n aan­val ge­skiet is. Ek het een en een by­me­kaar ge­sit en be­sef dit is my twee werk­ne­mers wat hom ge­help het,” sê Van der West­hui­zen.

Ti­nus, Drot­ské se broer, het gis­ter­og­gend ge­sê dat Ne­do­bo­ni en Mu­dau Na­ka in die hos­pi­taal be­soek net voor­dat hy ont­slaan is.

“Na­ka het ons ge­vra om die twee barm­har­ti­ge sa­ma­ri­ta­ne op te spoor. Hy wou hul­le be­dank voor­dat hy te­rug is Bloem­fon­tein toe.”

Ti­nus sê sy broer was baie dank­baar vir dié twee se hulp.

“Om daar­die tyd van die nag op daar­die pad stil te hou, verg baie moed. Die pad is ook nie baie be­sig nie.

“As dit nie vir hul­le was nie, kon din­ge le­lik ge­raak het om­dat Na­ka be­sig was om dood te bloei.”

Mu­dau sê hy is dank­baar dat hy ie­mand se le­we kon red.

“Ek voel som­mer soos ’n wa­re held. Dit voel goed om ie­mand in nood te help,” sê Ne­do­bo­ni.

■ Drot­ské is ver­le­de Don­der­dag by Ti­nus se huis in Ka­meel­drift, bui­te P­re­to­ria, in die elm­boog en die maag ge­skiet. Die twee broers, as­ook Na­ka se vriend en oud­span­maat, Du Randt, en hul ge­sin­ne is deur die ro­wers aan die e­tens­ta­fel aan­ge­val na­dat hul­le ge­braai het.

Hy is Don­der­dag uit die hos­pi­taal in P­re­to­ria ont­slaan en sterk tans tuis aan in Bloem­fon­tein. Die po­li­sie on­der­soek ’n saak van po­ging tot moord.

Fo­to:­ DEAAN­ VIVIER

Nt­ha­the­ni Mu­dau (35) en P­ret­ty Ne­do­bo­ni (25) ver­tel hoe hul­le ver­le­de week vir Na­ka Drot­ské by­ge­staan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.