Mo­tor­neu­ron­siek­te eis oud-Bok Mans (76)

Die Burger - - 3 - S­te­phen Nell

Die voor­ma­li­ge S­pring­bok-sen­ter Wyn­and Mans is Don­der­dag in die ou­der­dom van 76 jaar aan mo­tor­neu­ron­siek­te (MNS) dood.

Mans het in 1965 vir die Bok­ke teen Ier­land in Du­blin en teen S­kot­land op Mur­ray­field as John Gains­ford se sen­ter­maat ge­speel, ter­wyl hy ook daar­die jaar Ni­euSee­land toe ge­toer het son­der om in ’n toets uit te draf.

Mans was in die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie (WP) se span­ne wat die Cur­rie­be­ker in 1964 en 1966 ver­o­wer het.

Sy skoon­seun Piet van Zyl het aan Die Bur­ger ge­sê Mans se vrou, Ri­na, en drie dog­ters was by hom in On­rus toe hy die stryd teen MNS ge­won­ne ge­gee het.

“Dit was teen die ein­de ’n moei­li­ke stryd. MNS is twee en ’n half jaar ge­le­de by hom ge­di­ag­no­seer, en hy het soos met al sy an­der uit­da­gings die bul by die ho­rings ge­pak. Hy het on­ge­loof­li­ke deur­set­tings­ver­moë ge­wys. Ons het hom nie een keer hoor kla nie. Hy het ’n won­der­li­ke voor­beeld vir sy kin­ders en klein­kin­ders ge­stel,” het Van Zyl ge­sê.

Hy het by­ge­voeg dat die fa­mi­lie die te­rug­slag goed han­teer.

“Hul­le is al­mal ge­lo­wi­ge men­se en dis waar die krag van­daan kom. Hul­le steun me­kaar.”

Mans was ’n be­ken­de in skeids­reg­ter­krin­ge en ook die laas­te oud-S­pring­bok wat die fluit­jie op Cur­rie­be­ker-vlak ge­dra het.

Hy was on­der meer die bla­ser toe Trans­vaal die Nieu-See­land­se Ka­va­liers in 1986 met 24-19 in Jo­han­nes­burg ge­klop het.

Paul Dob­son, die Suid-Afrikaanse skeids­reg­ters­ghoe­roe, het gis­ter hul­de aan Mans ge­bring.

“Wyn­and het tot die der­de plek op Suid-A­fri­ka se skeids­reg­ter­rang­lys ge­vor­der ag­ter F­reek Bur­ger en Fran­sie Mul­ler.

“Hy was ’n baie goeie skeidsregter – soos hy ook ’n baie goeie spe­ler was. As ’n mens was hy werk­lik eer­baar,” het Dob­son ge­sê.

Mans se af­ster­we volg en­ke­le dae ná die van nog ’n oud-Bok, Ger­tjie Bryn­ard (80).

Hul­le was span­maats in die WP se Cur­rie­be­ker-se­ges van 1964 en 1966.

Fo­to: WP RUG­BY EEUFEESBOEK, 1983

Wyn­and Mans in 1964 toe hy as WP­spe­ler die Cur­rie­be­ker ver­o­wer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.