Dis lek­ker om te­rug te wees in SA, sê Jus­tin

Die Burger - - 4 - Wer­ner Beu­kes

“Ek oor­weeg dit om ’n bur­ger en tjips te kry.”

Dít was een van die eer­ste ge­dag­tes wat gis­ter­aand deur Jus­tin van P­let­zen se kop ge­flits het toe hy op die Kaap­stad In­ter­na-si­o­na­le Lug­ha­we ge­land het ná sy be­proe­wing in die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te (VAE).

Hy was agt maan­de daar ge­strand om­dat hy ’n vi­deo van die om­stre­de sa­ke­man A­jay Gup­ta ge­neem het.

“Dit is goed om weer tuis te wees. Die weer hier is lief­lik. Ek kom pas uit ’n oond uit,” het van P­let­zen by sy aan­koms in Kaap­stad ge­skerts.

In A­pril van­jaar het sy le­we ver­an­der toe hy en twee kol­le­gas oor­kant die In­die­se kon­su­laat in Du­bai ge­staan en rook het.

Gup­ta, wat deur die Val­ke gesoek word in ver­band met staat­skapings­klag­te in Suid-A­fri­ka, het toe­val­lig ver­by­ge­stap en hul­le het ’n vi­deo van hom ge­neem.

Dit is nie in die VAE toe­laat­baar nie. Die vi­deo is wyd op so­si­a­le me­dia ver­sprei, waar­na Van P­let­zen en sy kol­le­gas in heg­te­nis ge­neem en skul­dig be­vind is aan die sken­ding van Gup­ta se pri­vaat­heid.

Van P­let­zen en sy kol­le­gas is ná ver­skeie hof­ver­sky­nings be­boet en sou na Suid-A­fri­ka ge­de­por­teer word. Hul­le het be­sluit om teen die von­nis te ap­pel­leer om­dat dit sou be­te­ken dat hul­le nooit weer na die VAE kon te­rug­keer om daar te werk nie. Die de­por­ta­sie­be­vel is te­rug­ge­trek en elk­een moes ’n sty­we boe­te van R38 000 be­taal.

Ty­dens die hof­ver­sky­nings is die Suid-A­fri­ka­ners nie toe­ge­laat om Du­bai te ver­laat nie.

Van P­let­zen het van­dees­week sy pas­poort te­rug­ge­kry en kon na Suid-A­fri­ka te­rug­keer. “Dit is lief­lik om te­rug te wees. Ek het Kaap­stad en Suid-A­fri­ka ge­mis,” het hy ge­sê.

“Ag, ek wou net hê dat reg­ver­dig­heid ge­skied. Ho­pe­lik kan die Val­ke en die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag hul­le (die Gup­tas) in heg­te­nis neem.”

Van P­let­zen het in­tus­sen sy werk ver­loor en sal vol­gen­de week erns daar­van maak om weer die pot op eie bo­dem aan die kook te hou.

“Ek gaan my CV by­werk en o­ral­oor stuur. Vir eers gaan ek iets lek­ker eet en saam met my kin­ders vir die na­week weg­gaan. Dit is om­trent ’n jaar laas dat ek hul­le ge­sien het.”

Dié pa van twee gaan ook nie weg­bly van so­si­a­le me­dia nie.

“Ons deel dees­dae al­les op so­si­a­le me­dia so­dat men­se nie met moord kan weg­kom nie,” het hy ge­sê.

Vol­gens Van P­let­zen sal hy nie so “gaaf” wees as hy hom weer in een van die Gup­tas sou vas­loop nie.

Fo­to:­ JA­CO­ MA­RAIS

Jus­tin van P­let­zen kom op die Kaap­stad In­ter­na­si­o­na­le Lug­ha­we aan ná ’n vlug van Du­bai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.