Lang­arm heer­lik in die ver­le­de in

Da­vid Kra­mer se jong­ste mu­siek­dra­ma, Lang­arm, her­roep her­in­ne­rin­ge aan die tyd toe lang­arm in Dis­trik Ses ge­dans is en lief­de oor die kleur­grens ta­boe was. Ma­ri­a­na Ma­lan gee drie ster­re.

Die Burger - - 6 -

Soos meest­al in Da­vid Kra­mer se mu­siek­spe­le en -dra­mas, loop vro­lik­heid en hart­seer hand aan hand.

Lang­arm is geen uit­son­de­ring nie. Aan die een kant is daar die jo­li­ge dan­se­ry met voet­werk en mu­siek wat jou bloed laat bruis. Aan die an­der kant kruip die on­ge­na­di­ge ver­le­de en die hart­seer ge­skie­de­nis wat ge­dwon­ge skei­ding ge­bring het by die ag­ter­deur in.

In die pro­gram­no­tas ver­tel Kra­mer dat ’n en­ke­le fo­to die vonk vir hier­die mu­siek­spel was. Die fo­to is van ’n jong sol­daat in die Twee­de Wê­reld­oor­log. Hy sit op ’n klip bui­te Bo­log­ne in I­ta­lië en speel op ’n man­do­lien. Hy is ver van sy land, Suid-A­fri­ka, en was deel van die Suid-Afrikaanse hulp­troe­pe be­staan­de uit sol­da­te van die Kaap­se K­leur­ling­korps.

Hy het oor die man en sy ag­ter­grond en sy teen­woor­dig­heid in die oor­log be­gin na­dink en so het die ver­haal van Ed­die (ver­tolk deur El­ton Landrew) be­gin vorm kry.

Om die tyd­perk waar­in die ver­haal af­speel in per­spek­tief te plaas, word ou nuus­rol­pren­te ge­bruik en ba­sie­se in­lig­ting van die voor­af­gaan­de tyd­per­ke ge­gee.

Dan kom Di­nah Le­vin (Kim Lou­is) op die to­neel. Dis 1965. Haar man is pas oor­le­de en sy moet die Can­ter­bu­ry Ho­tel tot sy vo­ri­ge glo­rie laat her­leef. Haar sus­ters­kind Jeff (Ca­me­ron Botha) kom help en net gou kry hy die per­fek­te dans­or­kes om le­we in saai aan­de te blaas. So ver­skyn Ed­die weer op die to­neel en hy bring meer as net mu­siek. Hy bring die ver­le­de en her­in­ne­rin­ge wat Di­nah wei­er om in die oë te kyk.

Die lief­des­ver­hou­ding wat tus­sen Jeff en die beeld­sko­ne dan­ser An­ge­li­na (Rushney Fer­gu­son) ont­wik­kel, krap din­ge gou om en die ver­le­de haal Di­nah in.

In die gees van die fees­tyd is die spro­kie-e­le­ment ge­luk­kig daar. Son­der om die ein­de te ver­klap, kan daar nie veel meer ge­sê word nie. Wees maar net ver­se­ker dat met ’n hele rits kin­kels en (dalk te veel) toe­val, daar tog ’n op­los­sing kom.

Wat ’n mens van die stuk gaan ont­hou, is die dans­to­ne­le en die won­der­li­ke kos­tuums. Die ma­te­ri­a­le glim en be­weeg vlei­end saam met die be­we­gings. Wan­neer daar ge­dans word, ver­geet die ge­hoor en die ka­rak­ters van pro­ble­me. Dis nie reg­ver­dig om ie­mand uit te son­der in ’n en­sem­ble nie, maar die dan­ser By­ron Klas­sen ver­dien ver­mel­ding.

Die stel plaas jou in die ho­tel en in die tyd­perk. Die or­kes wat die hele tyd op die ver­hoog is, is pu­re ple­sier.

Dit is eg­ter ’n te­leur­stel­ling dat jy nooit die ver­lief­des en dans­paar­tjie wat in­ter­na­si­o­naal gaan mee­ding, in ’n werk­lik a­sem­ro­wen­de oom­blik in hul vol­le glo­rie sien saam dans nie.

Wat sang be­tref, is ver­al Di­nah se la­ment oor haar be­drog in die kol. En Landrew be­wys hom­self nie net as puik ak­teur nie, maar ook as ’n man wat met suk­ses ag­ter ’n mi­kro­foon kan in­skuif en voe­te aan die dans kan sing.

Een as­pek wat an­ders kon wees, is die voor­stel­ling van Van der Byl (Pier­re Nel­son). Laat ’n mens nou nie die be­staan van sul­ke men­se ont­ken nie, maar so­wat van ka­ri­ka­tuur en goor­heid is da­rem se­ker nie no­dig nie. On­der ’n an­der soort dek­man­tel as dié van Hit­ler se ne­fie kan daar ook ’n ad­der skuil.

■ Lang­arm

is in die Fu­gard-te­a­ter te sien tot 31 De­sem­ber. Be­spreek by 021 461 4554.

Fo­to: CLAUDE BARNARDO

In Har­ry se kroeg word daar be­hoor­lik ge­dans: ’n to­neel uit Lang­arm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.