Ro­wers gee voor hul­le wil mo­tor toets­be­stuur

Die Burger - - 7 - – Na­di­ne Ra­mon­ga­ne

Drie ro­wers is steeds op vrye voet na­dat hul­le Woens­dag met ’n Mer­ce­desBenz van ’n mo­tor­han­de­laar weg­ge­jaag het.

Die mans het hul­le om­streeks 13:30 as klan­te voor­ge­doen en ’n mo­tor by Al­pi­ne Au­to­haus in Rug­by ge­steel.

Vol­gens ao. Mark Alexander van die Mil­ner­ton-po­li­sie­kan­toor het die drie mans die mo­tor­han­de­laar bin­ne­ge­stap en ge­vra om die mo­tor te toets­be­stuur.

“Die ver­koops­a­gent en die drie mans was al­leen in die on­der­ne­ming waar al die mo­tors ten toon ge­stel word.

“Die ver­koops­a­gent het om­ge­draai om die mo­tor se sleu­tel te gaan haal en een van die mans het ag­ter die stuur in­ge­klim.

“Beeld­ma­te­ri­aal wys hoe die an­der man na die en­jin kyk ter­wyl die der­de man ag­ter die ver­koops­a­gent aan­stap.

“Die ver­dag­te het ’n vuur­wa­pen teen die ver­koops­a­gent se rug ge­druk en die sleu­tels by hom ge­gryp.”

Dit is glo nie die eer­ste keer dat ro­wers by dié a­gent­skap toe­slaan nie. Die po­li­sie on­der­soek die saak. Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

“Die beeld­ma­te­ri­aal wys on­ge­luk­kig nie die ver­dag­tes se ge­sig­te dui­de­lik nie, maar ons on­der­soek duur voort,” sê Alexander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.