Eg­paar staan te­reg op moord

Se­re­braal ge­stremd en blind ná mis­han­de­ling

Die Burger - - 7 - Ja­na B­rey­ten­bach

’n Twee­ja­ri­ge seun­tjie van Kraai­fon­tein was so erg mis­han­del dat hy blind ge­raak het, nie meer kon sluk nie en se­re­braal ge­stremd ge­laat is.

Ger­mia S­peak was lan­ger as ’n jaar in ’n ver­sor­ging­sen­trum, maar het op 28 A­pril van­jaar ná ’n nood­o­pe­ra­sie op sy dun­derm ge­sterf.

Tas­well Louw, sy stief­pa, en Ren­zia Louw, sy ma, staan nou op ver­skeie aan­klag­te van kin­der­mis­han­de­ling en ’n aan­klag van moord te­reg. Hul­le het gis­ter in ’n voor­ver­hoor in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ver­skyn.

Lui­dens die klag­staat het die ou­er­paar die kind tus­sen De­sem­ber 2016 en Fe­bru­a­rie 2017 erg mis­han­del. Ger­mia was ver­skeie ke­re son­der kos of toe­sig.

Die staat voer aan dat sy stief­pa hom fi­siek en e­mo­si­o­neel mis­han­del het. Die ma was na be­we­ring deu­ren­tyd be­wus van die mis­han­de­ling, maar het glo niks ge­doen om haar man te keer nie.

Die staat be­weer dat hy kook­wa­ter op Ger­mia se ge­sig en bors ge­gooi het, hom met ’n plat hand en/of ’n vuis ge­slaan, ge­skop en/ of met ’n on­be­ken­de stomp voor­werp ge­slaan en hom so hard op sy maag ge­slaan het dat sy dun­derm ge­bars het.

Daar­be­ne­wens het Tas­well Louw nie die be­seer­de kind vir me­die­se be­han­de­ling ge­neem nie en hom net so ge­los. Die seun­tjie het vol­gens ’n me­die­se ver­slag er­ge sep­sis ont­wik­kel om­dat hy nie na ’n dok­ter ge­neem is om die derm­wond te be­han­del nie.

Dok­ters het eg­ter wel daar­in ge­slaag om sy le­we te red, maar weens die be­weer­de mis­han­de­ling het hy blind ge­word, hy kon nie sluk nie en is se­re­braal ge­stremd ge­laat.

Die eg­paar is op 25 Fe­bru­a­rie 2017 in heg­te­nis ge­neem en net die ma is daar­na op borg­tog vry­ge­laat.

Die klag­staat is aan­ge­pas om die oor­saak van Ger­mia se dood te be­ves­tig.

Lui­dens die ver­slag is Ger­mia ná ’n on­suk­ses­vol­le o­pe­ra­sie aan on­na­tuur­li­ke oor­sa­ke dood.

Om­dat die be­se­rings uit die be­weer­de mis­han­de­ling spruit, word dit be­skou as die re­de vir die be­se­rings en daar­om is die eg­paar van moord aan­ge­kla.

Tas­well Louw is vir waar­ne­ming na die Val­ken­berg- psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal ge­stuur, waar hy as toe­re­ke­nings­vat­baar be­vind is.

Ten ty­de van hul voor­ver­hoor gis­ter het al­bei ou­ers se regs­ver­teen­woor­di­gers hul­le aan die saak ont­trek om­dat hul­le nie in Mei aan­staan­de jaar be­skik­baar sal wees wan­neer die ver­hoor gaan plaas­vind nie.

Die saak is tot 22 Fe­bru­a­rie uit­ge­stel om nu­we regs­ver­teen­woor­di­gers van Regs­hulp SA aan te stel.

Fo­to: VERSKAF

Ná ’n groot­skaal­se ber­gings­o­pe­ra­sie is die wat in Si­mon­stad se ha­we ge­sink het, uit die wa­ter ge­lig.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.