Boot suk­ses­vol uit see ge­lig

Die Burger - - 7 - Lynn Williams

Die sleep­boot De Mist wat on­langs ge­sink het, is Don­der­dag in ’n groot­skaal­se ber­gings­o­pe­ra­sie uit die wa­ter in Si­mon­stad se ha­we ge­trek.

Die boot, wat op 10 No­vem­ber in re­la­tie­we vlak wa­ter van 10 m diep ge­sink het, is met be­hulp van lug­sak­ke en dom­pel­pom­pe uit die wa­ter ge­lig.

Kdr. G­rey­ling van den Berg, be­vel­voer­der van o­pen­ba­re be­trek­kin­ge by die Suid-Afrikaanse Vloot, sê die sleep­boot De Mist-sleep­boot, moes van die see­bo­dem ge­lig word en 50 m ver na ’n sin­chroon­hy­ser ge­sleep word.

Vol­gens Van den Berg is ’n ber­gings­o­pe­ra­sie in vlak wa­ter ver­al moei­lik weens die ge­brek aan lug­druk en dryf­ver­moë.

“Die grootste uit­da­ging die af­ge­lo­pe paar weke was om die 39 jaar oue sleep­boot lug­dig te maak.

“Vloot­dui­kers het sweis­ge­reed­skap on­der wa­ter ge­bruik om o­pe­nin­ge toe te maak, maar so­dra een o­pe­ning toe­ge­maak is, het an­der lek­ke ont­staan.”

Arm­scor Docky­ard se skeeps­werf­per­so­neel was by­der­hand om lek­ka­sies te blok­keer.

Vloot­dui­kers het op 28 No­vem­ber daar­in ge­slaag om die boot te lig en 2 m van die kaai af te be­weeg.

Ter­wyl die pro­ses om die boot te lig aan die gang was, het vloot­dui­kers deu­ren­tyd o­pe­nin­ge toe­ge­maak en pe­trol-, vars­wa­ter- en bal­las­ten­ke met lug ge­vul.

Maan­dag het tou­wer­kers ’n ma­nier ge­vind om meer dryf­ver­moë te skep deur greep­ka­trol­le te ge­bruik.

Woens­dag om mid­der­nag is die De Mist tot by die sin­chroon­hy­ser ge­sleep.

“Die ber­gings­o­pe­ra­sie en die strui­kel­blok­ke wat die span moes oor­kom was te dan­ke aan on­ge­loof­li­ke span­werk en vin­ding­ry­ke ma­nie­re wat ge­vind is om wis­kun­di­ge, fi­sie­ke en in­ge­ni­eurs­pro­ble­me op te los,” het Van den Berg ge­sê.

“Dit het vloot­dui­kers teen geen eie kos­te nie die kans ge­gee om waar­de­vol­le on­der­vin­ding met ber­gings­o­pe­ra­sies op te doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.