Toe­ka se rol­skaats­baan op Graaff-Rei­net ver­stom

Die Burger - - 8 - Piet T­heron, Graaff-Rei­net

Ek ge­niet die ou fo­to’s wat u plaas.

Aan­ge­heg is ’n fo­to van ’n des­tyd­se rol­skaats­baan in Graaff-Rei­net in 1910 – 108 jaar ge­le­de. Dit was op Mark­plein tus­sen die hui­di­ge Ho­tel de Graaff en Ka­roo Ford.

Deel­ne­mers en be­soe­kers kon ver­ver­sings, aan die lin­ker­kant van die wit ge­bou op die fo­to koop.

Daar was ook toi­let­ge­rie­we vir mans en aan die reg­ter­kant vir da­mes.

’n Fir­ma be­kend as The Gem S­ka­ting Rink het die baan be­stuur en die in­gang was aan die kant en ag­ter die ou mark, aan­gren­send die de Graaff Ho­tel.

In die so­mer­maan­de is ’n skerm op­ge­rig en dan is die skaats­baan ge­kom­bi­neer met ’n o­pe­lug-bi­o­skoop. Die pro­jek­tor­ka­mer was in die re­stau­rant. Ge­du­ren­de die win­ter­maan­de is films in die ou mark ver­toon. Ou mnr. John von Win­kel was in be­heer van die pro­jek­tor.

Die rol­skaats was meer van ’n mo­der­ne soort van skaats­dans ge­wees. Jy het na jou met­ge­sel ge­stap-skaats, haar ge­vra vir n dans en so met haar weg­ge­wals.

Oor­le­de mev. B­rem Min­naar van die plaas K­lein­fon­tein was ’n lid van die skaats­baan en was in haar tyd die da­mes-kam­pi­oen skaat­ser van Graaff-Rei­net. Nog ’n kam­pi­oen-da­me in 1920 was mev. Sin­clair, eg­ge­no­te van die des­tyd­se pos­mees­ter. Sy en haar met­ge­sel, mnr. Gil­bert Oer­tel, was die skaats­kam­pi­oe­ne en mnr. Bart Bur­ger was die re­ser­we-kam­pi­oen.

La­te­re jare het die baan die speel­gron­de van die ou Ling­com La­er­skool ge­word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.