Met nu­we kapsel lyk Ro­syn­tjie ook slan­ker

Die Burger - - 8 - SOMERSET-WES – – Ja­mey Gor­don (Dis­triks­pos)

Baa, baa swart skaap, het jy baie wol?

Ja, baas; ja, baas . . .

Die vraag is, hoe­veel sak­ke vol? Nog ’n skaap van die Pudd­le­duck-dag­s­org­sen­trum en -kleu­ter­skool, wat kin­ders speel-speel tus­sen plaas­die­re skool­ge­reed maak, is deur ’n toe­ge­wy­de span van ’n plaas­li­ke hon­de­sa­lon vir lief­da­dig­heid ge­skeer en ge­sti­leer.

Die ge­beur­te­nis is deel van ’n tra­di­sie wat vyf jaar ge­le­de be­gin het en voort­ge­sit word.

Le­sers word weer ge­daag om te raai hoe­veel die wol van die een­ja­ri­ge Ro­syn­tjie, wat met die nu­we kapsel som­mer baie slan­ker lyk, weeg.

Dié wat reg raai, staan ’n kans om groot pry­se, waar­on­der ’n na­week in die Im­pan­ge­le-berg­oord, Nau­de-wy­ne, sport­kle­re ge­te­ken deur die WP-rug­by­spe­ler Ra­mo­ne Sa­mu­els en ge­skenk­be­wy­se vir groot en klein te wen.

Vol­gens Su­zan­ne Mos­tert, die skool­hoof, was S­ka­pie, een van ’n twee­ling, die eer­ste “proef­ko­nyn” van die span van Dog’s He­a­ven, wat in die k­nip, was en droog­blaas van die mens se bes­te vriend spe­si­a­li­seer.

Vol­gens An­dré Beuk­man van Dog’s Ha­ven was die eer­ste uit­da­ging om Ro­syn­tjie te vang en na die sa­lon in St. Ja­mes­straat te bring.

Beuk­man sê die pro­ses neem veel lan­ger as met ’n hond en die tyd­sa­me pro­ses verg ook baie meer ge­duld. Ses men­se het saam­ge­werk. Hoe gro­ter en swaar­der die skaap, hoe moei­li­ker.

Maar vir Beuk­man en sy span is die eind­re­sul­taat al­tyd die moei­te werd.

“Daai smi­le op die skaap se ge­sig as ons klaar is met hom, laat ons al­mal glim­lag.”

Die Pudd­le­duck-dag­s­org­sen­trum en -kleu­ter­skool is op G­len­plaas in Ou Fi­r­gro­ve­weg en vier van­jaar sy 25ste be­staans­jaar.

Mos­tert het die lei­sels in Ju­nie 2005 oor­ge­neem.

“Die le­wen­de din­ge om die kin­ders het al teen hier­die tyd baie wyd uit­ge­brei en strek van don­kies wat die dood vry­ge­spring het tot ’n koei van die Kaap­se Vlak­te.

“Pudd­le­duck werk baie nou saam met Gras­sy Park se DBV, wat ge­reeld met die ver­sor­ging van hier­die die­re help,” sê Mos­tert.

Ro­syn­tjie saam met An­dré Beuk­man van Dog’s He­a­ven voor die skeer-en­s­ti­leer­ses­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.