Coet­zees se saak weer uit­ge­stel

Die Burger - - 9 - Ja­na B­rey­ten­bach

Pe­ti­na Coet­zee (45) en haar man, Aus­tin Coet­zee (67), is steeds nie se­ker oor die toe­koms van die straf­saak teen haar nie.

Dit blyk uit gis­ter se voor­ver­hoor wat in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad plaas­ge­vind het.

Pe­ti­na het voor reg­ter Na­pe Do­la­mo ver­skyn.

Aus­tin pro­beer nou al die af­ge­lo­pe paar maan­de om die aan­klag van po­ging tot moord teen sy vrou deur die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging (DOV) te laat te­rug­trek, maar die DOV hou voet by stuk hy gaan nié die aan­klag­te laat vaar nie. Die staat voer aan Pe­ti­na wou in Ok­to­ber 2016 huur­moor­de­naars kry om haar man te ver­moor.

Wil­li­am Booth, haar regs­ver­teen­woor­di­ger, het in Sep­tem­ber in ’n voor­ver­hoor ge­sê sy kli­ënt se man wil die klag teen sy vrou te­rug­trek. Hy is die kla­er, maar wil nie voort­gaan daar­mee nie.

Adv. Chris­ti­aan de Jongh, staats­aan­kla­er, het vroe­ër in die hof ge­sê Aus­tin se ver­toë aan die DOV was on­suk­ses­vol.

Se­dert­dien is die staat en Booth in ge­sprek oor moont­li­ke pleit oor­een­koms­te en hoe die saak af­ge­han­del kan word.

Hul­le het eg­ter gis­ter weer ’n uit­stel ver­soek tot 22 Fe­bru­a­rie om die ge­sprek­ke te fi­na­li­seer. Vol­gens Pe­ti­na se borg­tog voor­waar­de smag die eg­paar net saam­wees op voor­waar­de dat hul­le nie oor die saak praat nie.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Pe­ti­na Coet­zee en haar man, Aus­tin, bui­te die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.