Twee kon­kel glo met fi­nan­sie­ring

Die Burger - - 9 - – Mal­her­be Nie­na­ber

Twee mans het in die land­dros­hof in Kaap­stad ver­skyn in ver­band met die be­weer­de ver­val­sing van do­ku­men­te om fi­nan­sie­ring vir die koop van mo­tors te be­kom. Die Val­ke het Don­der­dag be­ves­tig dat Ed­wards Abdu­sa­mad (45) en En­ri­co Ce­de­rick C­ham­bers (38) in die land­dros­hof ver­skyn het na­dat hul­le die vo­ri­ge dag in heg­te­nis ge­neem is.

Kapt. P­hi­la­ni N­kwa­la­se, Val­ke-woord­voer­der, sê hul­le is aan­ge­keer in ver­band met hul be­weer­de be­trok­ken­heid by die ver­val­sing van do­ku­men­te vir Abdul Kar riem Ja­no­dien (54) se aan­soek om mo­tor fi­nan­sie­ring.

Ja­no­dien is op 19 Ok­to­ber in heg­te­nis ge­neem en die po­li­sie het op ’n Mer­ce­des-Benz en ’n BMW met die ge­sa­ment­li­ke waar­de van by­na R2 mil­joen be­slag ge­lê. Hy het op 22 Ok­to­ber in die hof ver­skyn en is op borg­tog van R10 000 vry­ge­laat. Sy saak sal weer op 25 Januarie 2019 aan­ge­hoor word. Abdu­sa­mad en C­ham­bers sal op 9 Januarie 2019 in die hof vir hul borg­to­gaan­soek ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.