41 in Wood­stock vas ná klag­tes

Die Burger - - 9 -

Die po­li­sie het in ’n groot­skaal­se op­tre­de om mis­daad in Wood­stock hok te slaan 41 ver­dag­tes in heg­te­nis ge­neem.

Die op­tre­de volg ná ver­skeie klag­tes van sa­ke­on­der­ne­mings in die om­ge­wing van Rai­l­way­straat ont­vang is.

Se­we men­se is in heg­te­nis ge­neem in twee bou­val­le na­dat die po­li­sie op ’n groot hoe­veel­heid ge­steel­de ko­per­ka­bels, as­ook ko­per wat reeds van die ka­bels ge­stroop is, sel­fo­ne en skoot­re­ke­naars af­ge­kom het. Al­te­saam 30 men­se wat nie die reg­te do­ku­men­te het om wet­tig in die land te wees nie is met die hulp van die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke aan­ge­keer.

Kapt. FC van Wyk, po­li­sie­woord­voer­der, sê in nog ’n op­tre­de het die Wood­stock-po­li­sie vier ver­dag­tes (twee mans en twee vroue) weens die be­sit van en die han­del in dwelms in heg­te­nis ge­neem.

Die po­li­sie het op tik en Man­drax-ta­blet­te be­slag ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.