Be­spreek nou jou plek vir ge­sog­te wyn­oes­her­den­king

PROMOSIE | DIE BUR­GER EN DIE WYNBEDRYF SE WYNOES HERDENKINGS GE­LEENT­HEID

Die Burger - - 9 -

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf vier op Don­der­dag 7 Fe­bru­a­rie 2019 ’n be­son­der­se ge­leent­heid. Op dié dag her­denk die be­dryf die eer­ste wynoes op Suid-Afrikaanse bo­dem soos op 2 Fe­bru­a­rie 1659 deur Jan van Rie­beeck in sy dag­boek op­ge­te­ken.

Die jaar­lik­se Wyn­oes­her­den­king vind plaas op Groot Con­stan­tia-land­goed, SuidA­fri­ka se oud­ste wyn­land­goed wat in 1685 deur die des­tyd­se Kaap­se goe­wer­neur Simon van der Stel ge­stig is.

Ty­dens dié ge­leent­heid word ’n spe­si­a­le 1659-e­re­pen­ning aan ’n Suid-Afrikaanse wy­ni­koon toe­ge­ken. Hier­die toe­ken­ning word se­dert 1974 aan per­so­ne toe­ge­ken wat diep spo­re in die wynbedryf ge­trap het. Vroe­ër van­jaar is Suid-A­fri­ka se on­be­son­ge wyn­wer­kers sim­bo­lies met dié ge­sog­te eer­be­wys ver­eer.

Die ge­leent­heid het drie oog­mer­ke, naam­lik om rol­spe­lers te ver­eer, die se­ën op die oes te vra en die ge­skie­de­nis van die wynbedryf te ge­denk. Ver­skeie lei­ers, i­ko­ne en staat­ma­kers uit die wynbedryf so­wel as die breë pu­bliek woon die ge­leent­heid by, wat moont­lik ge­maak word deur die fi­nan­si­ë­le on­der­steu­ning en ven­noot­skap­pe van Groot Con­stan­tia-land­goed, Die Bur­ger, S­tan­dard Bank en Vin­pro. A­gri-Ex­po is die or­ga­ni­seer­der.

Hier­die spog­ge­leent­heid (streng aand­pak) is ’n hoog­te­punt op die Suid-Afrikaanse wyn­ka­len­der. Jy kan nou reeds jou kaar­tjie be­spreek teen R800 per per­soon. Dit sluit ’n drie­gang-maal­tyd deur Simon’s Re­stau­rant op Groot Con­stan­tia, uit­ge­soek­te wy­ne van die land­goed en wê­reld­klas ver­maak deur die Gu­gu­let­hu Te nors in. Ta­fel be­spre­kings van agt tot 10 per­so­ne is ook be­skik­baar.

Kon­tak ge­rus vir Ra­zel­le Ga­lant by 021 975 4440 of ra­zel­[email protected]­griex­po.co.za om te be­spreek.

Die jaar­lik­se Wyn­oes­her­den­king vind vol­gen­de jaar weer by die Groot Con­stan­ti­a­land­goed plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.