Werks­win­kel doen sa­ke op vloot­ba­sis

Die Burger - - 9 - – Mal­her­be Nie­na­ber

Die vloot on­der­soek ’n werks­win­kel vir her­stel­werk wat glo uit ’n leë skuur op die Wing­field-ba­sis in Kaap­stad be­dryf is.

Vi­se-adm. Mo­si­wa Hlong­wa­ne, hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot, sê in ’n ver­kla­ring dat ’n fluit­jie­bla­ser dié bur­ger­li­ke on­der­ne­ming on­der sy aan­dag ge­bring het. Dit het daar­toe ge­lei dat hy Don­der­dag be­soek aan dié ba­sis af­ge­lê het.

“Die saak word in ’n baie erns­ti­ge lig be­skou en daar sal uit­ge­vind word wie dié re­ë­ling goed­ge­keur het en of e­ni­ge per­so­neel on­reg­ma­ti­ge voor­deel ge­trek het.”

Die men­se wat die on­der­ne­ming be­dryf het, is be­veel om die per­seel te ver­laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.