Si­ga­ret­dief kan po­li­sie maar net nie ont­vlug nie

Die Burger - - 9 -

Die po­li­sie het ’n 21-ja­ri­ge ro­wer aan­ge­keer ná ’n wil­de jaag­tog, ’n on­ge­luk en ’n po­ging van die man om weg te hard­loop.

Kapt. F C van Wyk, po­li­sie­woord­voer­der in die Wes-Kaap, sê die be­stuur­der van ’n vrag­mo­tor wat Don­der­dag­og­gend si­ga­ret­te in Delft af­ge­le­wer het, is om­streeks 08:00 van die inhoud van die vrag­mo­tor be­roof.

Le­de van die blits­pa­trol­lie het ge­re­a­geer toe in­lig­ting ont­vang is dat ’n roof­tog in Symp­ho­ny-weg in Delft aan die gang is.

’n Toyo­ta-bak­kie wat vol­doen het aan die be­skry­wing van een van die voer­tuie op die mis­daad­to­neel is kort daar­na in die om­ge­wing op­ge­merk en die po­li­sie­be­amp­tes het dit ag­ter­na­ge­sit.

Van Wyk sê die be­stuur­der het pro­beer weg­jaag en oor tal­le rooi ver­keers­lig­te ge­jaag. Die be­stuur­der het be­heer oor die bak­kie ver­loor en teen ’n lamp­paal in Si­te C in K­haye­lit­sha vas­ge­jaag.

Hier­na het die man weg­ge­hard­loop, maar hy is aan­ge­keer waar hy in ’n na­by­ge­leë huis ge­skuil het.

Daar is 193 kar­ton­ne si­ga­ret­te met ’n ge­raam­de waar­de van R62 000 te­rug­ge­kry.

Fo­to: SAPD

Po­li­sie­be­amp­tes op die to­neel in K­haye­lit­sha waar ’n 21-ja­ri­ge ver­dag­te aan­ge­keer is in ver­band met die roof­tog van dui­sen­de ran­de se si­ga­ret­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.