As die wie­le op­hou draai

Die Burger - - 11 - Ak­tu­eel Leslie van Rooi Fo­to­ ter­ il­lus­tra­sie:­ ISTOCK

Tot be­trek­lik on­langs is SuidA­fri­ka­ners in die al­ge­meen be­skou as re­de­lik po­si­tief oor ons toe­koms. Dit was bo­wen­al op­val­lend om te sien dat ver­al jon­ger Suid-A­fri­ka­ners oor­we­gend po­si­tief oor hul toe­koms is.

Dees­dae wys die sta­tis­tiek op iets an­ders: Meer en meer (jong) SuidA­fri­ka­ners dink nie dat hul­le ’n be­ter toe­koms as hul ou­ers te­ge­moet­gaan nie.

Ek ont­hou ’n de­bat met Duit­se vrien­de in S­tutt­gart so­wat 12 jaar ge­le­de waar ons ure lank ge­sels het oor die e­ko­no­mie­se moont­lik­he­de van ons ge­slag en die ge­slag­te ná ons. Die twee Suid-A­fri­ka­ners in die ge­sprek kon nie ver­staan dat ons twee Duit­se vrien­de nie so po­si­tief was oor hul toe­koms soos wat ons was nie.

Dit het ons tot ’n ma­te ge­skok dat ons vrien­de nie kon in­sien dat daar ’n blink toe­koms vir hul­le en vir ons voor­ge­lê het nie. In ons kon­teks was daar hoop op ’n be­ter toe­koms, re­de­li­ke e­ko­no­mie­se groei en ’n ge­voel van groei­en­de pa­tri­o­tis­me.

Vir ons was dit dui­de­lik dat ons e­ko­no­mie­se moont­lik­he­de be­ter sou wees as vir die ge­slag voor ons. Ver­der was ons ook oor­tuig dat die ge­slag ná ons in nog ’n be­ter po­si­sie as ons sou wees.

Vir die Duit­sers was dit nie so ’n uit­ge­maak­te saak nie. Hul­le en hul ou­ers was van me­ning dat die skyn­ba­re af­plat­ting in e­ko­no­mie­se moont­lik­he­de tot ge­volg sou hê dat hul­le dalk nie so goed vir hul kin­ders sou kon sorg soos wat hul ou­ers vir hul­le ge­sorg het nie.

Sal ons as Suid-A­fri­ka­ners van­dag in die­self­de ge­sprek steeds op hier­die self­de ma­nier ar­gu­men­teer? Hoe dink ons en ons Duit­se vrien­de van­dag oor ons toe­koms en dié van die ge­slag ná ons?

Dit val my op dat ’n mens al hoe min­der te­kens in die stra­te van ons land sien wat wys op sterk e­ko­no­mie­se groei en in­ves­te­ring.

Waar ’n rit oor die Kaap­se Vlak­te nog tot re­de­lik on­langs sou wys op die bou van nog hui­se, paaie, hos­pi­ta­le en sko­le, is daar nou aan­sien­lik min­der te­kens. Die hys­kra­ne met hul rooi lig­gies wat in die aand flik- ker, sien ’n mens nou min­der van. Of dit voel ten min­ste so.

Dit is juis hier­die ge­voel wat ’n mens kry as jy deur die week in ons stra­te rond­stap. Waar wer­ken­des dalk haas­tig skar­rel om per­soon­li­ke sa­ke op ’n dag van ver­lof af te han­del, is dit tog op­val­lend dat ’n groei­en­de groep me­de-Suid-A­fri­ka­ners by­na lyk a­sof hul­le daar­aan ge­woond is om rond te dwaal.

Meer en meer men­se – ver­al jong­men­se – staan op straat rond en knoop ge­sel­sies op straat­hoe­ke aan.

Men­se wat e­ko­no­mies ak­tief kan en moet wees, ver­beur hier­die moont­lik­heid – waar­skyn­lik nie om­dat hul­le wil nie, maar om­dat daar dalk net nie ge­noeg kan­se be­staan om ’n goeie skool­op­voe­ding te kry en om die moont­lik­heid van goeie werk­ge­leent­he­de te hê nie.

Selfs al vol­tooi jy jou skool­op­lei­ding en be­kwaam jou­self ver­der, moet daar ge­noeg ge­leent­he­de vir jou wees om jou plek in die sa­me­le­wing te kan in­neem.

Daar is ’n groei­en­de ge­voel van

‘‘ Meer en meer (jong) Suid-A­fri­ka­ners dink nie dat hul­le ’n be­ter toe­koms as hul ou­ers te­ge­moet gaan nie.

ho­pe­loos­heid wat op ’n toe­koms­ver­staan en -uit­kyk wys wat op min moont­lik­he­de vir ver­an­de­ring dui. Dit is iets wat ons land nie kan be­kos­tig nie en wat ons ten sterk­ste moet teen­werk.

Die skok van die werk­lik­he­de van staat­skaping wat elk­een van ons di­rek be­leef, ver­er­ger na­tuur­lik hier­die ge­voel.

Dis a­sof die e­ko­no­mie­se wie­le al sta­di­ger en sta­di­ger draai. En dan be­staan die vrees na­tuur­lik dat die wie­le héél­te­mal sal op­hou draai.

By ’n on­lang­se kon­fe­ren­sie oor die mo­del­le vir dorps u­ni­ver­si­tei­te/ u­ni­ver­si­tei­te in dor­pe het ons heel­wat tyd be­stee aan ge­sprek­ke oor in­ter­ak­sie tus­sen u­ni­ver­si­tei­te en plaas­li­ke ge­meen­skap­pe.

Dit was op­val­lend dat, al­hoe­wel kon­teks­te ver­skil, ons as u­ni­ver­si­teit s ge­meen­skap­pe die­self­de uit­da­gings be­leef e nop die­self­de ma­nier ’n ver­skil wil maak. Dit on­danks groot uit­da­gings, ver­al in die kon­teks van ons land.

Wat waar is vir die ge­sprek­ke ty­dens hier­die kon­fe­ren­sie, is ook waar vir die rol van elk­een van ons – dit is nou die tyd om diep en op­reg na moont­lik­he­de te soek om hier en nou tot die be­ter toe­koms­moont­lik­he­de van ons land en al haar men­se by te dra.

Dr. Van Rooi is se­ni­or di­rek­teur: so­si­a­le im­pak en trans­for­ma­sie aan U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.