Die ge­raam­de pren­te wat ons be­moe­dig het

Die Burger - - 11 - Ter­loops Jo­han van Wyk

Jy sien dit nie meer nie, maar lank te­rug was ge­raam­de pren­te van i­dil­lie­se na­tuur­to­ne­le met by­pas­sen­de By­bel­ver­sies om dit ’n gees­te­li­ke be­te­ke­nis te gee ’n kleur­vol­le muur­ver­sie­ring in baie A­fri­ka­ners se hui­se.

Bo­kant die ka­tel­tjie in die slaap­ka­mer van my k­lein­tyd het só ’n prent ge­hang.

Die prent was van ’n vet, spier­wit en­gel met rooi wan­ge wat met flad­de­ren­de vler­ke ge­trou oor ’n klein dog­ter­tjie waak ter­wyl sy oor ’n ga­pen­de af­grond leun om ’n blom­me­tjie te pluk.

’n Be­skerm­en­gel, son­der wie se wa­ken­de oog geen kind sal groot word nie, in ak­sie.

Die tra­gie­se val­dood van­dees­week van ’n prag­ti­ge jong vrou by ’n uit­kyk­punt op die C­hap­mans­piek-pad het my daar­aan her­in­ner.

Die en­gel­prent het tot die dag dat my ou­er­huis ná my pa se dood op­ge­breek moes word, daar ge­hang.

Toe ek te mid­de van die hart­seer van die on­ver­my­de­li­ke op­rui­ming van ’n leef­tyd se by­me­kaar maak by my ma wou weet waar sy dit be­kom het, het sy ge­sê: “By die Jo­de ge­koop op Mid­del­pos.”

“Die Jo­de” was die S­hers wat vir baie jare op Mid­del­pos op die Rog­ge­veld­pla­to tus­sen Cal­vi­nia en Sut­her­land ’n win­kel, ho­tel en mo­tor­ha­we be­dryf het.

Hul­le is nou on­ge­luk­kig nog net ’n vae her­in­ne­ring.

Nog so ’n ge­raam­de muur­ver­sie­ring met ’n By­bel­se strek­king wat Jo­de­win­kels en Jood­se smou­se ver­koop het, was die een wat Je­sus as die goeie her­der uit­ge­beeld het.

Sy sag­te oë en be­baar­de fi­guur in ’n lang wit jurk, ’n her­der­staf in die hand en ’n skaap­lam­me­tjie on­der elke arm ter­wyl ’n trop­pie vet ooie in groen gras­sies om sy voe­te wei, was in ’n uit­mer­ge­len­de droë jaar ’n be­sie­len­de bood­skap om uit te hou.

So by so dat Wil­lem Don­kie­bek, toe hy uit die Ag­ter­veld by sy skoon­men­se in die dor­re Voor-Han­tam kui­er, ty­dens huis­gods­diens aan ta­fel ter­wyl die flik­ke­ren­de lig van kers oor die her­der­prent teen die muur speel, grap­pen­der­wys wou weet waar dit so lek­ker ge­re­ën het.

“Ek meen te sê,” het hy soos in ’n lag met ’n traan by­ge­voeg: “Kyk net daar­die skaap se goeie kon­di­sie!”

Sy ou skoon­pa, ’n ge­stren­ge Cal­vi­nis en rus­ten­de ou­der­ling, het ef­fens ge­steurd ge­kug, hom her­in­ner aan die ge­raam­de skrif teen die muur met die ver­ma­nen­de woor­de “In hier­die huis is God die stil­le luis­te­raar by elke ge­sprek”, en die aand­ge­sang op­ge­gee.

Wil­lem Don­kie­bek sou ook ’n lag­gie met ’n traan kon gee as hy ge­weet het van nog ’n prent wat die Jo­de van Mid­del­pos ver­koop het: Die een van vet, uit­ge­vre­te lang­haar­bees­te met weg­lê­ho­rings in ruie veld langs ’n meer in die S­kot­se Hoog­lan­de. Vir ’n Ka­roo­boer is dít ’n to­neel om van te ween.

Maar troos was al­tyd by­der­hand teen die mu­re van plaas­voor­hui­se – die ge­wil­de, tyd­lo­se “Home sweet home, t­he­re is no pla­ce li­ke home”.

In my kin­der­ja­re het in elke op­stal op elke Ka­roo­plaas een ge­hang.

Sit by ou Ge­ne Autrey wat “Home on the Ran­ge” op ’n gram­mo­foon sing en jou hart is by jou huis waar dit hoort.

‘‘

In my kin­der­ja­re het in elke op­stal op elke Ka­roo­plaas een ge­hang.

­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.