A­fri­kaans­se­kans­as­on­der­rig­taal­ál­skra­ler

Die Burger - - 11 -

Wil­lie Ester­huy­se, S­tel­len­bosch

As ’n e­me­ri­tus pro­fes­sor van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US), dit wil sê ’n pen­si­oen a r is pro­fes­sor, ste­le k nog wel be­lang in die US-taal­kwes­sie: En­gels én A­fri­kaans, of slegs En­gels.

Ek was in jon­ger jare ’n voor­stan­der van meer­ta­lig­heid vir die US, ten min­ste dub­bel­ta­lig­heid.

Ek het ook iets van dié pro­bleem be­ter be­gin ver­staan toe ek by die US en die U­ni­ver­si­teit Kaap­stad­se be­stuur­sko­le en la­ter by U­ni­sa s eT h ab oM bek i lei­er­skap s pro­gram be­trok­ke ge­raak het. Ek moes klas­gee in En­gels.

Wat het ek ge­leer?

Daar was nóóit by e­ni­ge kur­sus­gan­ger ’n kwes­sie oor die feit dat ek A­fri­kaans en wit was nie. Hul­le het my soms ge­help om die reg­te En­gel­se woord vir my Afrikaanse term te vind;

Die kom­mu­ni­ka­sie­taal was En­gels, waar die kur­sus­gan­ger ook al van­daan ge­kom het – ver­al dié uit A­fri­ka;

Al­le voor­ge­skre­we werk, as na­vor­sings­ma­te­ri­aal, was in En­gels. Niks in A­fri­kaans, Ne­der­lands of Duits nie. Ek kon niks van my­self voor­skryf nie, want dit is in A­fri­kaans; en

A­fri­kaans as we­ten­skap­li­ke pu­bli­ka­sie­taal het ’n baie be­perk­te en krim­pen­de toe­koms.

’n Ma­nu­skrip van my in A­fri­kaans na aan­lei­ding van ’n kur­sus oor “Vre­de en oor­log” het al­ge­me­ne waar­de­ring ge­kry, maar ook ’n nee: “Te ge­so­fis­ti­keerd vir Afrikaanse le­sers.”

Ge­ly­ke Kan­se, met wie ek be­paal­de sim­pa­tie het, het géén kans nie. Daar is te veel ver­lo­re kan­se.

Hoe kan A­fri­kaans as on­der­rig­taal oor­leef as dit as in­tel­lek­tu­e­le en we­ten­skap­li­ke pu­bli­ka­sie­taal min, in­dien e­ni­ge, oor­le­wings­kans het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.