2 All Blacks steun skool wat spe­lers werf

Die Burger - - 14 - Jerome Kai­no

Die werf van spe­lers op sko­le­vlak is in Nieu-See­land, nes in Suid-A­fri­ka, ’n warm pa­tat en die jong­ste twis oor dié kwes­sie het ’n klomp All Blacks ge­noop om ook hul stui­wer in die arm­beurs te gooi.

Die skool wat hom in die mid­del­punt van dié her­rie be­vind, is St. Ken­ti­gern (St. Kents) in Auck­land. Hy het hom die wre­wel van an­der sko­le in die streek op die hals ge­haal om­dat hy ak­tief van hul bes­te spe­lers met rug­by­beur­se lok.

Die an­der sko­le voel dit bied hom ’n on­reg­ver­di­ge voor­deel en die top­sko­le in Nieu-See­land se Noord-ei­land wei­er nou om teen St. Kents te speel van­weë sy “on­e­tie­se” wer­wings­pro­gram.

Jerome Kai­no, voor­ma­li­ge All Black-los­voor­spe­ler, het eg­ter vir St. Kents in die bres ge­tree.

Kai­no het in die vroeë 2000’s van Pa­pa­ku­ra High S­chool na St. Ken­ti­gern Col­le­ge ge­skuif na­dat hy ook ’n rug­by­beurs ge­kry het en sê die skool het jong seuns met ’n ge­leent­heid om hul po­ten­si­aal te ver­we­sen­lik, toe­ge­rus.

“Spe­lers soos ek, John A­foa, Joe Ro­ko­co­ko (al­mal All Blacks) sou waar­skyn­lik nooit be­reik het wat ons be­reik het son­der die ge­leent­heid wat St. Kents ons ge­bied het nie. Die­self­de geld an­der jong spe­lers, wat ge­leent­he­de deur an­der sko­le ge­gun is,” sê Kai­no op In­sta­gram.

Kai­no is nie die e­nig­ste ho­ë­pro fiel­spe­ler wat tot die po­le­miek toe­ge­tree het nie. Rie­ko Io­a­ne, All Black-vleu­el wat vir Auck­land Gram­mar ge­speel het, steun ook St. Kents.

“Nou het ek al­les ge­sien. Net om­dat hul­le wer­wing doen, be­te­ken dit nie jy moet jou ont­trek (aan die sko­le­li­ga) nie,” sê Io­a­ne op In­sta­gram.

“Moet jou nie aan die kom­pe­ti­sie ont­trek nie. As jy die bes­te wil wees, klop jy die bes­te. St. Kents maak die me­de­din­ging vir eer­ste span­ne moei­li­ker, maar dit maak als dan ook so­veel be­ter as jy die span klop.”

So­wat vyf spe­lers van an­der sko­le in St. Kents se li­ga is ge­werf om in 2019 vir hom te speel.

“Hul­le bou nie van vroeg af nie, eers van jaar ne­ge tot 11. Hul­le tei­ken die su­per­ster­re en dit ver­oor­saak hoof­bre­kens,” het Na­pier Boys se hoof, Mat­thew Ber­tram, aan The New Ze­a­land He­rald ge­sê na­dat sy skrum­ska­kel deur St. Kents ge­buit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.