No­no toe die kólf­held

Bou­ler mo­ker wen­lo­pies met 2 ses­se in laas­te beurt

Die Burger - - 15 - Al­tus Mom­berg

Die Jo­zi S­tars is twee­de op die M­zan­si-su­per­liga se pun­te­lys ná sy vier­de kits­krie­ket­se­ge op ’n streep. Maar selfs nie die Jo­zi-spe­lers sal weet hoe hul­le dié een ge­wen het nie.

Die S­tars het die Dur­ban He­at gis­ter op Kings­me­ad in Dur­ban met 1 paal­tjie ge­klop ge­klop na­dat No­no Pon­go­lo twee ses­se van Mar­chant de Lan­ge se boul­werk in die laas­te beurt ge­slaan het om die be­soe­kers oor die wen­tou te kry.

Die He­at het uit­ste­kend ge­boul om ’n be­skeie to­taal van 128/6 in sy 20 boul­beur­te te ver­de­dig. Die S­tars moes 14 lo­pies van die laas­te beurt aan­te­ken.

Die eind­kol­wers Pon­go­lo en Ka­gi­so Ra­ba­da was voor die pen­ne. De Lan­ge het die boul­beurt uit­ste­kend be­gin. Ná Pon­go­lo ’n en­kel­lo­pie van die eer­ste bal ge­slaan het, het De Lan­ge vir Ra­ba­da met ’n man­ji­fie­ke streep­bal ge­boul. Die be­soe­kers het toe 13 van die laas­te vier bal­le be­no­dig.

’n En­kel­lo­pie deur Du­an­ne O­li­vier het weer vir Pon­go­lo op slag ge­kry.

Hier­na het die eind­kol­wer twee vol­bal­le wat De Lan­ge op bors­hoog­te af­ge­stuur het, oor die grenstou vir ses­se ge­help.

Die Ca­pe Town B­litz het gis­ter­aand sy voor­sprong op die MSL-pun­te­lys ver­groot met ’n mak­li­ke se­ge oor sy buur­man, die Paarl Rocks.

Die Ka­pe­naars het dank­sy ’n skit­ter­beurt deur Quin­ton de Kock (93 van 47 bal­le; 12x4, 3x6) die Rocks met ses paal­tjies af­ge­ran­sel. Hy en Jan­ne­man Ma­lan (26) het’ n aan­vang s ven­noot­skap van 109 lo­pies aan­ge­te­ken.

Die Rocks is tot 144/9 in sy 20 boul­beur­te be­perk en die B­litz (148/4) het net 15.3 boul­beur­te be­no­dig om die to­taal vir ’n bo­nus­punt­se­ge te be­reik.

Die Paarl Rocks het weer ge­wys hy is ’n een­man-span wan­neer dit by kolf­werk kom. Die oom­blik toe die kap­tein, Faf du P­les­sis (61 van 39 bal­le; 4x4, 2x6), uit is, het die wie­le af­ge­kom. Du P­les­sis is op 126/5 uit­ge­haal en die Rocks het daar­na 18/4 in die oor­bly­wen­de 26 bal­le aan­ge­te­ken.

Die B­litz speel mô­re sy laas­te groep­wed­stryd teen die Dur­ban He­at op Nu­we­land. Die Rocks kom op die dag teen die S­tars in Jo­han­nes­burg te staan.

Fo­to: GALLO IMAGES

No­no Pon­go­lo (mid­del) word deur sy Jo­zi S­tars-span­maats om­hels pas na­dat hy gis­ter op ver­bluf­fen­de wy­se die wen­lo­pies teen die Dur­ban He­at ge­mo­ker het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.